Dié skokkende en kontroversiële onthulling kom van Dr. Michael Yeadon, Pfizer, ja dieselfde korporasie wat Covid entstof maak, se voormalige vise-president en hoofwetenskaplike vir allergie en asemhalingstelsels, wat 32 jaar in die bedryf nuwe medisyne-navorsing gelei het, en by sy aftrede van die farmaseutiese reus, die “mees senior navorsingsposisie” in sy vakgebied beklee het.
In ‘n onderhoud het hy die “aantoonbaar valse” propaganda van regerings aangespreek in reaksie op COVID-19, insluitend die “leuen” van gevaarlike variante, die totalitêre potensiaal vir “entstofpaspoorte” en die “konvergente opportunisme” wat ‘n sterk moontlikheid aandui dat ons te make het met ‘n “sameswering“, wat kan lei tot iets ver erger as die bloedbad wat ervaar is in die oorloë van die 20ste eeu.
Luister Hier:
Dit is duidelik tot wat ‘n mate mense gedesensitiseer is, oor Sosialisme en die Rooi Gevaar, uit opmerkings tydens die openbare verhore van die portefeuljekomitee oor openbare werke en infrastruktuur, oor die onteieningswet. Dit is duidelik dat deelnemers geen idee het van die implikasies van hierdie wet nie. Dit is dus die taak van die ad hoc-groep vir die beskerming van eiendomsreg om die publiek te waarsku, oor wat die gevolge vir die land en sy mense sal wees as die wet toegepas word.
By die verhore laas naweek in Orange Farm, Gauteng, het die deelnemers hul mening uitgespreek dat die Covid-19-pandemie gebruik moet word om die implementering van die Onteieningswet te bespoedig, en sodoende toegang tot openbare gesondheidsorg, polisiekantore, behuising, werk te kry, en ekonomiese geleenthede. Die “Groot Herstel” waarvan Ramaphosa en Sosialiste wêreldwyd praat is nie ‘n grap of fopnuus nie.
Luister Hier: