Forum vir Demokrasie (FvD) in Nederland Samel 50,000 Euro in Twee dae in om Youtube Hof toe te Neem oor Sensuur!

Die Nederlandse konserwatiewe politieke party Forum vir Demokrasie (FvD), gaan die Amerikaanse videoplatform YouTube dwing om nie video’s van die platform te verwyder nie, deur middel van ‘n regsgeding. Solank die inhoud nie die Nederlandse wet oortree nie, kan dit op die platform wees. In ‘n verstommende bewys van hoe sterk gevoelens oor Youtube se anti konserwatiewe sensuur is, het die FvD party ‘n bedrag van 50 duisend Euro, binne twee dae, by lede en simpatiseerders ingesamel, om vir die hofsaak te kan betaal.