Solidariteit Neem Sisulu Hof toe om Rassistiese en Onwettige Invoer van Kubaanse Ingenieurs te Stop!

Die vakbond Solidariteit het aangekondig dat hulle voortgaan met ‘n hofaansoek om die minister van waterwese, Lindiwe Sisulu, te dwing om haar beplande invoer van 24 Kubaanse wateringenieurs na Suid-Afrika,  teen ‘n koste van R65 miljoen, te kanselleer, veral nadat dit onthul is dat Sisulu geweier het om gekwalifiseerde wit ingenieurs aan te stel, wat aansoek gedoen het vir die poste, bloot omdat hulle wit was.

Sisulu het hierdie skandelike erkenning in ‘n onderhoud met Radio 2000 gemaak, maar Sisulu het haar Kubaanse invoerplanne nie laat vaar nie, en gebruik vertragings taktieke, soos om ná Maandag se vergadering, meer gesprekke met Solidariteit te vra.

Luister Hier:


Die Ver Linkse Nasionalistiese Skotte (SNP) wen Plaaslike Verkiesings

Die Skotse Nasionale Party (SNP) van Nicola Sturgeon het in die onlangse verkiesing weer ‘n meerderheid in die parlement verkry, wat na BRexit, ‘n beduidende invloed het op die versterking van die eis vir ‘n referendum oor onafhanklikheid sal hê.

Die oorwinning van minister Sturgeon het die Britse premier Boris Johnson genoop om te begin beplan vir ‘n dringende gesprek met die Skotte om te probeer voorkom dat die streek hom aan die Verenigde Koninkryk onttrek, en daarna weer aan te sluit by die Europeerse Unie, so hulle soek nie eintlik onafhanklikheid nie, maar net ‘n groter oorheerser.

Luister Hier:


Honderde Onwettige Migrante Bereik Italië met die Hulp van Mensesmokkelaars en Ver Linkse Aktiviste

Bote oorlaai met honderde onwettige migrante het die klein eiland van Lampedusa bereik, en ver linkse aktiviste het hulle te hulp gesnel, om die migrante na Italië in te bring, te midde van die regering se weiering om onwettige migrante te huisves.

Gedurende die afgelope vier maande het meer as 6.000 onwettige migrante Italië binnegedring onder die dekmantel van ‘vlugtelinge’, en verskeie bote met byna 1,200 mense wat onderskep is, toe hulle die klein eiland bereik.

Luister Hier:


Veelmannery? ANC Skep Moeras van Seksisme en Rassisme met Nuwe Huwelikswet! Nie Blanke Vrouens Sal Meer as Een Man kan Trou!

Indien U nog onder die valse indruk is dat ons in ‘n  Westerse Christelike land woon, sal die nuwe wetsontwerp jou beslis wakker maak. Vir Westerlinge word een man en een vrou as ‘n egpaar beskou, maar met die reënboog nasie, moes ons Westerlinge aanvaar en toelaat dat anderskleurige mans, soveel vroue mag trou as waarvoor hy glo kan sorg, maar blankes kon nogsteeds net een vrou trou? Maar dit is nie genoeg vir die kommuniste nie…

Die ver linkse sosialiste se nuwe wapen om ons gemeenskap totaal te vernietig, is om toe te laat dat vrouens meer as een man kan trou, wat beslis die patriargie teen die matriargie debat gaan laat vlam vat! Die ver linkse “vrouelibbers” sal natuurlik hiervan hou, maar sal ‘n blanke vrou meer as een man kan trou?

Luister Hier:


Ramaphosa Gebruik “Apartheidsweep” Slenter om Multinasionale Patentwins te Vernietig, en Skuldgevoelens om Covid Entstof van Ryk Lande te Kry!

Towerkoeël: Noem net “Apartheid” en wit mense gaan slap en begin goed gratis aan swartes gee! Die ANC-regime het miljardêrs danksy hierdie witskuld slenter geword, en nou gebruik die ANC-regering in Pretoria dit om ryk lande te beskuldig dat hulle Covid-inentings opgaar, en noem dit “inentings-apartheid” as ryk lande nie hulle Covid-entstof deel nie. Cyril Ramaphosa het die ou goed verslete bedelbak weer uitgekry, vergesel met al die goed gebruikte, beproefde retoriek om meer gratis goed van die Weste te onttrek. Hy pers hulle af met die visie van miljoene mense in armer lande (aan wie die Weste al dekades miljarde gegee het), wat kan sterf terwyl hulle wag om teen Covid-19 ingeënt te word, terwyl ryk lande hul eie mense inent. 

In die nuusbrief van hierdie week het Cyril Ramaphosa, wat altyd op soek is na geld, en nooit skaam is om hande uit te steek nie, die voorstel aangehits om intellektuele eiendomsreg op multinasional

ANC Steel Geloofwaardigheid vir Verkiesing met Skorsing Slenter

Al is dit ondenkbaar, het swart kiesers weer vertroue in die ANC-regering begin kry nadat dit bekend geword het dat senior amptenare glo geskors word en dat korrupsie kamma beveg word.

Dit is die mening van ‘n etnoloog wat die politieke verdeeldheid van die regerende party met valkoë dophou. Hy reken daar is duisende ANC-ondersteuners wat siek en sat is vir die diefstal, misdaad en korrupsie waarby senior partyleiers betrokke is.

Luister Hier:


Die feit dat

As jy Wit is, is jy Uit! Lindiwe Sisulu Erken Sy Weier om Blanke Ingenieurs in Plaas van Kubane aan te Stel Omdat Hulle Wit is!

Dit lyk asof ANC-ministers hul instruksies van mede-sosialistiese radikale in die Weste geneem het, omdat hulle nie meer skaam is om hul anti-blanke rassisme te erken nie. Lindiwe Sisulu, ANC-minister van waterwese, het erken dat wit geskikte, gekwalifiseerde en ervare wateringenieurs vir die poste aansoek gedoen het, waarna sy pas 24 Kubane ingevoer en aangestel het, maar dat sy geweier het om die wit aansoekers aan te stel, op grond daarvan dat hulle wit is.

Die vakbond Solidariteit het daarop gewys dat sy uitdruklik dit erken het in ‘n onderhoud met Radio 2000. Mnr. Theuns du Buisson van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SRI) het verwys na Sisulu se toelating op Radio 2000, toe SRI Vrydag ‘n nuuskonferensie gehou het om ‘n navorsingsverslag oor hoe die ANC miljarde rande mors, om Kubane in te voer, om Suid-Afrikaanse werk te doen soos wateringenieurs, dokters en selfs werktuigkundiges.

Luister Hier:

“Guilty Until Proven Innocent” – Die Era van Media “Show Trials” Wat ‘n Valse Narratief en Sosialistiese Rewolusie Afdwing!

Wat staan ons te doen na #Dirkiesdorp, die #DoodskisTwee, #Coligny en ander korrupte eensydige hofsake? Na aanleiding van die #Dirkiesdorp voorval is dit belangrik om ‘n analise te doen sodat boere en wit mense in die algemeen kan weet hoe om op te tree as so iets weer in die toekoms plaasvind.

Eerstens, die Polisie en NVG word ook beman, beheer en oorheers deur die swart meerderheid, so ons as wit minderheid het van die begin af ‘n agterstand. Dit is dus van uiters belang om te weet dat rasse insidente deur die swart oorheersing revolusionêre soos EFF, ANC, BLF, PAC, SAKP, ens. gebruik word om hulle sogenoemde “revolusie” te bevorder.

Luister Hier:


Belgie se George Floyd: Basketbalbaan in Belgie Herdoop na ‘n Islamitiese Dwelmsmous!

‘n Basketbalbaan in Anderlecht, Belgie is pas herdoop na Mehdi Bouda, ‘n 17-jarige immigrant wat in 2019 dood is toe hy as ‘n verdagte van die polisie in ‘n dwelmtransaksie weggehardloop het, en per ongeluk deur ‘n polisievoertuig getref is. Die absurde voorstel is gemaak deur ‘n raadslid van Vooruit Party, Safouane Akremi. Foto’s wys hoe die gedenkplaat gehang word. Daarna is ‘n Islamitiese gebed deur ander immigrante ter ere van die verdagte gedoen.

In normale lande is strate en pleine vernoem na mense wat iets positiefs vir die gemeenskap gedoen het. In Belgie, op voorstel van Vooruit, is hulle nou vernoem na immigrante wat van die polisie vlug wanneer daar ondersoek ingestel word na die besit van dwelms en dwelmhandel.

Luister Hier:


Suid Afrika Ontvang 325,260 Dosisse Pfizer Entstof…

Suid-Afrika het goeie nuus ontvang met die aankondiging dat die eerste besending 325 260 dosisse Pfizer-entstof teen die koronavirus ontvang is.

‘n Soortgelyke besending sal na verwagting gedurende die volgende week gelewer word van die totale besending van 1,3 miljoen dosisse wat vir Mei bestem is.

Na verwagting sal die lewering in Junie tot soveel as 636 000 per week styg.

Luister Hier:


Die entstof sal hoofsaaklik beskikbaar wees vir mense ouer as 60 jaar, en hoewel die Pfizer-entst