Trump Kritiseer Facebook, Twitter en Google wat die VSA President se Vryheid van Spraak Weggeneem het om “Radikale Linkse Gekke” te Paai!

Donald Trump het ‘n verklaring uitgereik waarin hy die ver linkse sosiale media-maatskappye soos Facebook, Twitter en Youtube ‘n “totale skande” vir die land genoem het, nadat die “Big Tech” monopolie ‘n verbod op hom geplaas het. “Wat Facebook, Twitter en Google gedoen het, is ‘n totale skande en verleentheid vir ons land,” het Trump geskryf. “Vrye spraak is van die President van die Verenigde State weggeneem, omdat die Radikale Linkse Gekke bang is vir die waarheid.

Trump het ‘n beroep gedoen dat die “korrupte sosiale media-maatskappye ‘n politieke prys moet betaal en nooit weer toegelaat word om ons Verkiesingsproses te vernietig nie.”

Luister Hier:


Die Einde van Leeus Teel vir Kommersiële Doeleindes of “Geblikte Leeus” is in Sig!

Die geblikteleeubedryf behoort eersdaags tot ‘n einde te kom nadat die departement van visserye, bosbou en omgewing­sake stappe begin neem het daarteen.

Die teel van leeus, die aanhouding van leeus in kampe en die gebruik van die leeus vir kommersiële doeleindes, moet uitgefaseer word is deur ‘n adviespaneel aanbeveel.

Die geblikte leeubedryf bedreig die bewaring en voortbestaan van wilde leeus omdat dit stropery en sluikhandel aanwakker, se minister Barbara Creecy.

Luister Hier:


Militêre Staatsgreep of Burgeroorlog in Frankryk? 58% Franse Ondersteun Generale se Ope Brief wat Waarsku dat Leër Dalk sal Moet Ingryp Om Burgeroorlog te Vermy!

Volgens ‘n peiling van Harris Interactive, in opdrag van die Franse nuuskanaal LCI, het 64% van die ondervraagdes van die Franse Generale se ope brief gehoor. In totaal ondersteun 58% van die respondente die weermag wat die brief onderteken het, wat onder ‘n steekproef van 1,613 mense voltooi is. In totaal glo 84% van die ondervraagdes dat geweld by die dag toeneem en 73% glo dat Frankryk uitmekaar val.

En dan iets wat hulle beslis nie sal wil hoor nie: byna 1 uit 2 Franse glo dat Frankryk “binnekort ‘n burgeroorlog sal beleef” en dat “die leër moet ingryp sonder om daartoe beveel te word.

Luister Hier:

[audio mp3="https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/05/3-Mei-Frankryk-1.mp3"][/audio]

Enkele gedeeltes uit die ope brief van die weermag (vertaal):

Die gevare neem toe, en geweld neem by die dag toe. Wie kon tien jaar gelede voorspel het dat ‘n onderwyser eendag buite sy skool

SA Burgers Verloor Vertroue in die Polisie wat nie Meer die Mense Beskerm nie!

Die hoofdoel van die polisie is om alle inwoners van die land te beskerm en ten tye van nood, behulpsaam te wees, om wet en orde te handhaaf en misdaad te bestry. Maar huidiglik sien en ervaar al hoe meer wetsgehoorsame burgers, al hoe minder van die bogenoemde. Die burgers van die land leef inteendeel toenemend in vrees vir die polisie, ons ervaar by meer en meer geleenthede, waarby dit voorkom asof die polisie nie in ‘n posisie is, of die politieke wil het, om anargiste en woedende skares te beteuel nie. Ons het onlangs gesien wat in Piet Retief plaas gevind het, buite en binne die hof, waar vyf onskuldige boere beskuldig word van die moord op twee mans.

Buite die hof het oproermakers die polisie met klippe bestook, op ‘n klopjag gegaan en groot skade aan verskeie private voertuie aangerig. Daar is verneem dat polisie min gedoen het om hierdie slagoffers by te staan. Hulle het wel soms rubber koeëls gebruik om die skare te verjaag, maar blykbaa

Nog ‘n Naweek van Mes Aanvalle in Multikulturele Londen, Gaan dit Verskil Maak in Opkomende Burgermeestersverkiesings?

In minder as ‘n uur is 1 tiener dood, en 2 in die hospitaal, weens mes aanvalle in Sadiq Khan se Londen, die hoofstad van Groot-Brittanje, waar drie tieners op verskillende plekke in die stad met ‘n mes gesteek is, en dit alles binne minder as ‘n uur. Die gebrek aan veiligheid vir die inwoners van Londen maak meer opslae omdat burgemeestersverkiesings op 6 Mei plaasvind, en dit deel uitmaak van die verkiesingsveldtog. Maar Londen het nou ‘n Islamitiese burgemeester van die links-liberale Arbeidersparty genoem Sadiq Khan en skrikwekkend genoeg is hy die gunsteling in onlangse peilings.

Dit lyk asof daar geen einde is aan die golf van steekmisdade in die multikulturele Londen nie. Aktiviste wat bekommerd is oor hierdie neiging en spesifiek oor die misdade met wapens met lemme, sê “die polisie voer ‘n verlore stryd.” Volgens die Londense pers het die syfers in Londen ‘n rampspoedige prentjie getoon dat die gebruik van steekwapens tien keer

Sewe Ver Linkse Terroriste van Italië in Hegtenis Geneem in Frankryk!

Die polisie in Parys het sewe Italianers in hegtenis geneem wat aan die vlug was nadat hulle in Italië skuldig bevind is op aanklagte van terrorisme wat verband hou met die linkse militante Rooi Brigades-groep, wat dekades lank gewelddadige aanvalle in die land uitgevoer het.

Die inhegtenisnemings het plaasgevind ná ‘n gesamentlike operasie tussen Parys en Rome om die individue op te spoor wat gevlug het na Frankryk na afloop van die ‘Jare van Lood‘-geweld wat Italië vir 20 jaar geteister het, en honderde dood gelaat het te midde van botsings tussen die linkse terreur groep en die regering.

Die kantoor van die Franse President het die inhegtenisnemings bevestig en gesê dat die owerhede in die land steeds op soek is na nog drie verdagtes wat aan die vlug is.

Frankryk, word ook getref deur terrorisme, en verstaan ​​die noodsaaklikheid van geregtigheid vir die slagoffers,” het ‘n woordvoerder van die Franse Pre

Video Genoem in #Dirkiesdorp Hofsaak Bewys die Staat het Gelieg, Maar Hulle Hou Hardnekkig Aan om ‘n Totaal Valse Narratief te Skep!

Die Dirkiesdorp hofsaak is besig om dag vir dag iets uiters ontstellend, maar nie verbasend nie, te onthul en dit is die sistemiese bevooroordeeldheid en rassehaat wat die staat se swart amptenare, teen die wit minderheid van Suid Afrika koester. Hierdie endemiese bevooroordeeldheid is besig om soos nog nooit vantevore nie, onthul te word in die Dirkiesdorp hofsaak in Piet Retief en dit is waarom elke enkele wit Suid Afrikaner op hoogte moet wees van hierdie saak.

Vier wit boere en ‘n swart plaasvoorman is nou al vanaf 9 April in die tronk op uiters ernstige aanklagte wat strek van moord tot ontvoering omdat die Staat gretig was om hulle aan te kla van alles onder die son, so die Staat het die boere omtrent met alles behalwe die kombuistafel gegooi. Die Staat het van die begin af gesteun op ‘n totaal vals narratief om ‘n vals prentjie te skilder van wat op 9 April gebeur het, en sodoende valse klagtes te skep.

Maar op Maandag 26 April, het die

Valke Bevestig Hulle Ondersoek Twee Sake van Beweerde Diefstal van meer as R41 Quadrillion van SARB, wat Gekoppel is aan Tokyo Sexwale!

‘n Nuwe kinkel in die Tokyo Sexwale “gesteelde kwadriljoen” sage het verskyn – nadat “die Erfenis fonds” die ANC-regering na ‘n bank in Singapoer genooi het, toe die voorsitter van die Worldwide Proxy and Trustee of the White Spiritual Boy (WSB) en Spiritual Wonder Boy ( SWB) Erfenis fondse, Mnr. Chark Leong Boey, ‘n brief in sy persoonlike hoedanigheid geskryf het om die verwarring rondom die Erfenis fonds uit te klaar. Die Valke het Maandag bevestig dat hulle twee sake van vermeende diefstal van meer as R41 kwadriljoen ondersoek.

Mnr Boey, afkomstig van Singapoer, het in ‘n brief verklaar dat hy ‘n uitnodiging aan ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging gerig het, om na Singapoer te reis om die fonds te verifieer.

Poetin Waarsku Westerse Lande wat die “Nuwe Sport” van Rusland Aanval wil Beoefen

Rusland was geduldig tot nou, maar Vladimir Poetin het lande van die westelike halfrond gewaarsku om nie Rusland se rooi lyn oor te steek nie. Alhoewel Rusland nie enige brûe wil brand nie, is sy reaksie bedoel om dreigemente met vinnige en harde optrede teen te staan.

Dit is in kort die boodskap van die Russiese president in sy jaarlikse toespraak  aan lande wat ook “die nuwe sport wil bedryf”.

Luister Hier:


Die president het opgetree voor die Russ

Bankrot SAL Beplan om Weer Kommersieel te Opereer by Julie Ongeag Dispuut met Vlieëniers

Dit is moontlik dat SAL teen Julie vanjaar weer kommersieel sal kan vlieg sê Thomas Kgokolo, die tydelike Hoof Uitvoerende Beampte (HUB) van die bankrot lugredery.

Die redery het egter die teiken gestel van ʼn twee maande venster tydperk tot einde Augustus om weer die lugruim aan te durf.

Daar word glo beplan om in Mei tot Junie eers kleiner vlugte te onderneem en met vlieëniers te onderhandel, terwyl die huidige dispuut nog nie opgelos is nie.

 

Luister Hier:


Onderwyl die SAL vl