Suid Afrika se Vloek van “Bling” Veroorsaak nog steeds Valse Hoop en Ellende vir die Massa Bevolking

Van die kaal grond van KwaZulu-Natal is onlangs ‘n paar blink klippies opgegrawe, deur sommige met ‘n piksteel, of ander deur die koorsigste fortuinsoekers met hul kaal hande. Toe die vondse bekend word, met die spreekwoordelike veldbrand, lyk dit asof die diamantjag uit die Imperialistiese jare van Cecil John Rhodes, in die omgewing rondom die diamanthoofstad Kimberley, homself herhaal in Natal.

Natuurlik baie kleiner, en gelukkig so, omdat al die swart fortuinjagters deur die ANC regering tot verdere kennisgewing versoek om terug te keer na hul “informele nedersetting“, die polities korrekte naam vir die plakkerskampe wat opgespring het, toe al die landelike swartes ingebring is om te kom werk op die Britse Empire se myne. Alhoewel die naam bygewerk is, het die ellendige lewensomstandighede in daardie nedersettings nie ‘n sentimeter verbeter sedert Nelson Mandela in 1994 ‘n eerste wêreld land g

#Gupta 2.0 – Harith, Nuwe Private Eienaar van SAL was deur Mbeki Ramaphosa-faksie Opgestel met Staatspensioenfondse?

Het iemand vir ons gevra? Na die Gupta skandaal aan die lig gekom het, het Pravin Gordhan gesê mense moet die kolletjies verbind, en as ons dit doen, blyk dit dat die privatisering van SAL nog ‘n plundering skema deur die ANC-mafia is. Harith, die nuwe eienaar van SAL, is deur die Mbeki- en Ramaphosa-faksie van die ANC gestig en het moontlik fondse gebruik wat aan die pensioenfonds van die regering (PIC) behoort. Net soos toe multimiljardêr-oligarge na die val van die USSR geskep is, deur openbare staatsbates in privaat sakke te plaas. is die privatisering van die SAL net ‘n massiewe slenter, wat ontwerp is om die SAL vas te vang vir kaders verbonde aan Ramaphosa se faksie van die ANC! Is die SAL doelbewus bankrot gemaak om hierdie buit van ons bates moontlik te maak?

Twee Miljoen Dosisse Johnson&Johnson Entstowwe wat in Port Elizabeth Vervaardig is op Pad Asblik toe!

Die ANC regering se entstof program is in n warboel en chaos gedompel nadat dit bekend geword het dat 2 miljoen van die Johnson&Johnson entstof dosisse, wat in Aspen se Port Elizabeth aanleg vervaardig, is waarskynlik vernietig moet word.