Iqbal Sharma in Hegtenis Geneem! Ondersoekdirektoraat Lê Beslag op R520 Miljoen Gupta Bates, Insluitend Luukse Eiendomme in Johannesburg en Kaapstad!

Die ondersoekdirektoraat (OD) het beslag gelê op bates ter waarde van meer as R520 miljoen wat aan die Gupta-familie behoort het, hul sakevennoot Iqbal Sharma en sy vrou, Tarina Patel.

VSA V.P. Kamala Harris Word Gegroet deur Betogers in Guatemala wat sê “Trump het Gewen” en “Gaan Huis Toe”!

Kamala was met realiteit ontmoet op haar eerste reis buite die VSA, waar sy ontdek het dat nie almal se gedagtes deur Amerikaners se hoofstroommedia en sosialemedia beheer word nie. Kamala is bespot in die buiteland met protesborde wat haar begroet het toe sy in die Guatemala Hoofstad geland het, en kort daarna het die konserwatiewe Guatemalaanse president dit duidelik gemaak dat hy ook geen liefde vir haar gehad het nie, en Biden die skuld gegee vir die migrantekrisis van hierdie jaar op VSA se suidelike grens. Biden se peilingsyfers val al vyf dae aaneenlopend, maar moet nie verwag om iets hiervan te sien op die hoofstroom “#gapnews” media nie, waar hulle stukkies weglaat waarvan hulle nie hou nie of nie mee saamstem nie.

Zweli Mkhize op Spesiale Verlof Geplaas Wyl Digital Vibes Korrupsie Deur Spesiale Ondersoekeenheid Ondersoek Word!

Zweli Mkhize op Spesiale Verlof Geplaas Wyl Digital Vibes Korrupsie Deur Spesiale Ondersoekeenheid Ondersoek Word!

Die Suid-Afrikaanse minister van Gesondheid is op spesiale verlof geplaas tot verdere kennisgewing deur Cyril Ramaphosa, terwyl die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) bewerings van korrupsie met Digital Vibes ondersoek. Zweli Mkhize het beweer dat hy tyd van sy pos gevra het terwyl die ondersoek aan die gang is, en gevra om tydelik vervang te word sodat hy die bewerings van korrupsie teen hom kan beveg, maar niemand glo dat dit vrywillig was nie.

Gevangenes, Poswerkers en Duisende in die Buiteland Ontvang Onwettige Covid Uitbetalings van ANC Regering Tydens Inperking!

ANC Minister Lindiwe Zulu sê 105 gevangenes en nog 4,276 mense wat buite SA woon, het tydens die nasionale inperking staatsubsidies vir Covid gekry.

Regerings Formasie in Nederland hak Oudergewoonte Vas Omdat Konserwatiewe Stemme Weereens Geboikot Word deur Reënboog Koalisie!

Die vormingsgesprekke vir die vierde Rutte reënboog kabinet na verkiesings in Nederland, is weer vasgevang, en die formateur Mariëtte Hamer het die deelnemende partye gevra om niks hieroor bekend te maak nie. Die gesprekke is moeilik, hoofsaaklik vanweë die beoogde konstruksie van die VVD-CDA-D66-blok, tesame met GroenLinks en PvdA. Met die deelname van die debutant GroenLinks aan die regering is hierdie ver-linkse koalisie moeilik vir CDA-leier Hoekstra en VVD-koning Rutte.