SABC Wil SAUKnuus Sensuur en Toemaak! Moet Ons vir Ons Erfenis Veg of Ingee en Naam Verander?

SABC Wil Ons Sensuur en Toemaak! Moet Ons vir Ons Erfenis Veg of Ingee en Naam Verander?

Dringende Uitroep tot Aksie: Die ANC se SABC hou nie van ons berigte nie, en hulle dreig ons met dagvaardings omdat ons “nie inhoud sensuur nie, en nie hul fact-checkers” gebruik nie. Soos baie weet, as deel van hul poging om Afrikaans tot niet te maak, het de SABC dekades laas die SAUK naam amptelik gebruik, en het ons uitgelos vir die byna 20 jaar wat ons die sauk.co.za domein besit, en die SAUK naam gebruik vir ons Afrikaanse Nuus en Radio. Maar nou dat ons meer aandag trek, met byna 80,000 volgers op FB, meer as 135,000 unieke kuiermense op elk van ons webwerf en radio per maand, en waar ons die ANC se haat en foute daagliks uitbasuin, het hulle besluit om ons te probeer stilmaak.

Skaapdief Moord by #Dirkiesdorp2 – Enkel Staatsgetuie Weerspreek sy Hof Getuienis in SABC Onderhoud!

Soos SAUK Nuus voorheen genoem het, die Dirkiesdorp sake (daar is 2), stem elke dag meer en meer ooreen met die rassistiese Coligny saak, en dit word bewys elke dag wat die sake in die hof voortduur. ‘n Advokaat vir die verdediging, Adv. Jaap Cilliers, het Donderdag ‘n groot slag geslaan toe hy video getuienis vir die hof gewys het, wat die leuens van die Staat in die Dirkiesdorp2 saak uitwys.

Uitvoerende Hoof van Eskom, De Ruyter, Gaan Hof toe om R8 Miljard Korrupte BSEB-tender te Stop, na Huidige Raad dit Goedgekeur het!

Andre de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het ongegronde aantygings van rassisme oorleef het, het nou regstappe teen sy eie direksie aangewend, in sy stryd om Eskom skoon te maak en ontslae te raak van die stelselmatige korrupsie wat dit geteister het sedert die ANC in 1994 oorgeneem het.