Nuus Uit Ons Toekoms Dalk? Stel Jou Voor – ‘n Nuusberig van 20 Junie 2045

Nuus Uit Ons Toekoms Dalk? Stel Jou Voor - 'n Nuusberig van 20 Junie 2045

Verbeel jou, ‘n Nuus.net leser het vir ons ‘n nuus berig gestuur uit ons toekoms, hopenlik…

Die hooftrekke vandag 20 Junie 2045:

Na R 1 Miljard met min Resultate, wil Raymond Zondo Die Zondo Staatskaping Slenter WEER Verleng!

Hoeveel kos die Waarheid? Die adjunkhoofregter het toegegee dat Suid-Afrikaners ongeduldig geraak het met die ondersoek, maar sê ‘n uitbreiding is van kardinale belang

#Gupta 2.0 – Harith, Nuwe Private Eienaar van SAL was deur Mbeki Ramaphosa-faksie Opgestel met Staatspensioenfondse?

Het iemand vir ons gevra? Na die Gupta skandaal aan die lig gekom het, het Pravin Gordhan gesê mense moet die kolletjies verbind, en as ons dit doen, blyk dit dat die privatisering van SAL nog ‘n plundering skema deur die ANC-mafia is. Harith, die nuwe eienaar van SAL, is deur die Mbeki- en Ramaphosa-faksie van die ANC gestig en het moontlik fondse gebruik wat aan die pensioenfonds van die regering (PIC) behoort. Net soos toe multimiljardêr-oligarge na die val van die USSR geskep is, deur openbare staatsbates in privaat sakke te plaas. is die privatisering van die SAL net ‘n massiewe slenter, wat ontwerp is om die SAL vas te vang vir kaders verbonde aan Ramaphosa se faksie van die ANC! Is die SAL doelbewus bankrot gemaak om hierdie buit van ons bates moontlik te maak?

SABC Wil SAUKnuus Sensuur en Toemaak! Moet Ons vir Ons Erfenis Veg of Ingee en Naam Verander?

SABC Wil Ons Sensuur en Toemaak! Moet Ons vir Ons Erfenis Veg of Ingee en Naam Verander?

Dringende Uitroep tot Aksie: Die ANC se SABC hou nie van ons berigte nie, en hulle dreig ons met dagvaardings omdat ons “nie inhoud sensuur nie, en nie hul fact-checkers” gebruik nie. Soos baie weet, as deel van hul poging om Afrikaans tot niet te maak, het de SABC dekades laas die SAUK naam amptelik gebruik, en het ons uitgelos vir die byna 20 jaar wat ons die sauk.co.za domein besit, en die SAUK naam gebruik vir ons Afrikaanse Nuus en Radio. Maar nou dat ons meer aandag trek, met byna 80,000 volgers op FB, meer as 135,000 unieke kuiermense op elk van ons webwerf en radio per maand, en waar ons die ANC se haat en foute daagliks uitbasuin, het hulle besluit om ons te probeer stilmaak.

Grondbeslagleggings in SA Tref ‘n Groot Struikelblok na ANC min Steun kry om Artikel 25 te Herskryf!

‘n Paneel van wetgewers oorweeg tans om Artikel 25 van die grondwet, wat handel oor eiendomsreg, heeltemal te verander. Dit was verlede maand veronderstel om sy werk af te handel, maar het versoek om uitstel van dertig dae nadat die lede nie eensgesind was nie.