Brittanje Kry Splinternuwe Nuus TV Kanaal, GB News, Wat Teen Linkse “Woke Cancel Culture” Posisioneer!

Na beleggings van meer as 60 Miljoen Pond, was die Verenigde Koninkryk se nuwe GB News TV Kanaal, wat as ‘n mededinger van die linkse nuus- en aktualiteitsaanbiedinge soos BBC en Sky geposisioneer is, Sondag aand op TV en aanlyn bekendgestel met ‘n spesiale openings program wat aangebied was deur voorsitter en veteraan-omroeper, en voormalige BBC anker, Andrew Neil.

SABC Wil SAUKnuus Sensuur en Toemaak! Moet Ons vir Ons Erfenis Veg of Ingee en Naam Verander?

SABC Wil Ons Sensuur en Toemaak! Moet Ons vir Ons Erfenis Veg of Ingee en Naam Verander?

Dringende Uitroep tot Aksie: Die ANC se SABC hou nie van ons berigte nie, en hulle dreig ons met dagvaardings omdat ons “nie inhoud sensuur nie, en nie hul fact-checkers” gebruik nie. Soos baie weet, as deel van hul poging om Afrikaans tot niet te maak, het de SABC dekades laas die SAUK naam amptelik gebruik, en het ons uitgelos vir die byna 20 jaar wat ons die sauk.co.za domein besit, en die SAUK naam gebruik vir ons Afrikaanse Nuus en Radio. Maar nou dat ons meer aandag trek, met byna 80,000 volgers op FB, meer as 135,000 unieke kuiermense op elk van ons webwerf en radio per maand, en waar ons die ANC se haat en foute daagliks uitbasuin, het hulle besluit om ons te probeer stilmaak.