Moeder (53) en Dogter (14) van Duitsland Vermoor in Ghana Deur Ghanese Internet Bedrieër!

Drie jaar gelede het Duitse moeder Claudia W. (53) die Ghanese Boigouna A. (43) via die internet ontmoet. Met bekoorlike praatjies en beloftes van pêrelwit strande het hy daarin geslaag om die naïewe Claudia heeltemal om die bos te lei. Eindelose ure sit Claudia agter die skootrekenaar om met die tien jaar jonger Ghanees te gesels. Hy het geen werklike beroep gehad nie en het geld verdien deur kettings met krale en spieëls te maak, wat hy in die Ghanese oord Kokrobite verkoop het.

Aan die begin van 2020 slaag die Ghanees in sy vooropgestelde plan. Hy het uiteindelik vir Claudia oortuig om saam met haar dogter Katja (14) na die “paradys” Ghana te verhuis. Binne tien maande was die leuen ontbloot. In plaas van paradys, het die Ghanese skurk vir Claudia begin misbruik en afpers. Sy het haar fout besef en het begin planne maak om na haar vaderland Duitsland terug te keer.

Maar dit was te laat, toe die Ghanees hierdie plan ontdek het, het hy op 8 Oktob