Wallaby-rugbyspeler hartlik welkom geheet in SA na grypdief hom steek met mes tydens rooftog in Jhb

Taniela Tupou, stut van die Australiëse rugbyspan, vertel hoe hy Saterdagaand in Sandton van sy selfoon beroof is.

‘n Australiese rugbyspeler is Saterdagaand in Sandton met ‘n mes gesteek toe hy ‘n grypdief agternagesit het wat sy selfoon gesteel het.

Die dief het Taniela Tupou, die Wallabies se stut, twee keer in sy regterarm gesteek. Die spandokter het hom daarna behandel.

Hy was saam met agt van sy spanmaats op pad terug na hul hotel in Sandton toe ‘n man met ‘n klapmus sy selfoon gegryp het, het Chris Ford, kommunikasiehoof van Australië Rugby, gesê. Die Australiese rugbyspan is in Suid-Afrika vir die rugbykampioenskapwestryd wat Saterdag op Ellis Park in Johannesburg gespeel word.

-Netwerk24 / 2019-07-14

Hierdie berig weerspieël nie noodwendig die mening van SAFFA-nuus nie.


Buitelanders stel minder belang in SA huise – Met vlaag van misdaad, wie wil in SA belê?

Die vraag van buitelandse kopers – ingesluit Suid-Afrikaners wat oorsee woon – na plaaslike eiendom het effens toegeneem in die eerste helfte van die jaar, maar dit is nie naastenby by die hoogtepunt van 2016 nie.

Siphamandla Mkhwanazi en Zharina Francis, ontleders van FNB, sê in ’n verslag oor ’n peiling onder eiendomsagente buitelanders was in die tweede kwartaal vir 3,7% van alle eiendomsaankope in Suid-Afrika verantwoordelik. Dit is ’n effense herstel van die laagtepunt in die vierde kwartaal van 2018 toe dit op 2,9% was.

“Nieteenstaande is dit steeds onder die piek van 5,7% in die derde kwartaal van 2016 en onder die langtermyngemiddelde van 4,4%,” sê hulle.

Hulle meen die verbetering in die eerste helfte van vanjaar is deels omdat buitelanders gebruik gemaak het van die geleentheid om eiendom te koop terwyl Suid-Afrikaanse kopers gewag het om tot ná die verkiesing.

Kaapstad het meeste buitelandse kopers

Die inligting toon ook buite

Ekspat-taks wat in Maart 2020 in werking tree: Hier is jou opsies

Met die nuwe bedeling vir belasting op buitelandse inkomste van Suid-Afrikaners wat in Maart 2020 in werking tree, skarrel belastingadviseurs en emigrasiekonsultante om mense van advies te bedien.

Intussen het die nasionale tesourie belowe om administratiewe haakplekke uit te stryk voordat die nuwe bedeling in werking tree.

Jy sal waarskynlik ’n belastingpraktisyn nodig hê as jy oorsee werk en belastingkrediete wil terugeis.

Wat is die huidige situasie?

Suid-Afrikaners wat in ’n tydperk van 12 maande in totaal meer as 183 dae in die buiteland werk en vir ’n aaneenlopende tydperk van 60 dae buite die landsgrense gewerk het in dié tydperk, hoef nie aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) belasting te betaal op die buitelandse inkomste nie.

Dit het meegebring dat mense wat in plekke soos Dubai gewerk het, géén inkomstebelasting op hul buitelandse inkomste betaal het nie.

En van Maart 2020 af?

Vanaf Maart sal hulle wel belasting moet bet

Junior Bokke trap Kiwi’s se tjank af tydens Wêreldbeker-toernooi, is steeds onoorwonne en het hul plek in halfeindstryd bespreek

Die Junior Bokke het hul stemme by die o.20-Wêreldbeker-toernooi dik gemaak deur Nieu-Seeland ’n deeglike pak slae te gee.

Suid-Afrika het twee drieë gedruk om Donderdag met 25-17 in Rosario, Argentinië, hul laaste groepwedstryd te wen.

Met die oorwinning het die Junior Bokke, wat steeds onoorwonne by die toernooi is, hul plek in die halfeindstryd bespreek. Om sake vir Nieu-Seeland te vererger, kon hy nie vir die halfeindronde kwalifiseer nie.

Suid-Afrika se resep was duidelik: Duik die Kiwi’s voos en gun hulle geen beweegruimte nie. Die taktiek het duidelik gewerk en die Nieu-Seelanders soos afkop-hoenders op die veld laat rondhol. Moet wel nie van die Junior Bokke se stewige vertoning in die skrum vergeet nie.

Maar die groot uitblinker was die slot JJ van der Mescht, wat pure meneer was. Hy is met ’n drie beloon toe hy die bal by ’n lynstaan opgepik en van omtrent die halflyn af deurgesuiker het om te gaan druk. Ook in die vastelos het hy meer

Marthinus van Schalkwyk Suid-Afrika se nuwe hoëkommissaris in Australië

Marthinus van Schalkwyk, voormalige minister van toerisme en eertydse premier van die Wes-Kaap, is Suid-Afrika se nuwe hoëkommissaris in Australië.

Die 59-jarige Van Schalkwyk, wat die laaste paar jaar Suid-Afrika se ambassadeur in Athene, Griekeland, was, het Dinsdag in Canberra, die Australiese hoofstad, sy geloofsbriewe aan sir Peter Cosgrove, dié land se goewerneur-generaal, oorhandig.

Van Schalkwyk, wat ambassadeur in Athene geword het nadat hy in 2014 in ’n kabinetskommeling deur oudpres. Jacob Zuma uit sy kabinet gelaat is, is deur pres. Cyril Ramaphosa gevra om die Suid-Afrikaanse hoëkommissaris in Australië te word.

Hy het saam met Ramaphosa in Zuma se kabinet gedien.

Ambassadeurs na Statebondslande word hoëkommissarisse genoem.

Van Schalkwyk, die laaste leier van die eertydse Nuwe Nasionale Party (NNP) wat deel van die ANC geword het, het ook in die kabinet van oudpres. Thabo Mbeki gedien. Hy het ook as minister van omgewingsake gedien.

Suid-Afrikaners wat oorsee werk, moet maar solank hul belastingsake in orde kry want Jan-taks “kom” vir hulle

Van 1 Maart 2020 sal Suid-Afrikaanse belastingbetalers wat in die buiteland werk aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens belasting moet betaal op hul buitelandse inkomste wanneer dit meer as R1 miljoen oorskry.

Dis nog net meer as ’n jaar voordat nuwe belastingreëls vir buitelandse werk in werking gestel word, maar belastingadviseurs meen mense moet nou al voorberei.

Van 1 Maart 2020 sal Suid-Afrikaanse belastingbetalers wat in die buiteland werk aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens belasting moet betaal op hul buitelandse inkomste wanneer dit meer as R1 miljoen oorskry.

’n Praktiese manier om dié belasting te vermy is om finansieel te emigreer deur ’n amptelike proses te volg, wat daartoe sal lei dat sulke mense nie meer as Suid-Afrikaanse belastingbetalers geag word nie, volgens Ruaan van Eeden, besturende direkteur van belastingadvies by die Geneva Management Group.

Maar baie Suid-Afrikaners wat oorsee werk, is nie bewus van die nuwe reëls of die

Twee Suid-Afrikaners sterf tragies in noodlottige ongeluk in die oorlog geteisterde Jemen

Johan den Haan  en Pieter Schoeman, ’n pa van drie, is Sondag te same met drie ander buitelanders is in ’n landmyn-ongeluk dood.

Hul span was uitgekontrakteer om landmyne by Maa’rib aan die grens tussen Jemen en Saoedi-Arabië onskadelik te stel en te verwyder. Hulle almal het gesterf toe tegnici ’n vrag landmyne gelaai het om vernietig te word en daar ’n ontploffing was. Besonderhede oor wat presies gebeur het, is nog onduidelik.

Johan den Haan het dit sy lewe gemaak om landmyne en ploftoestelle uit oorlogsones te verwyder. Só vertel die familie van ’n gewese wat die naweek in Jemen dood is.

Louis Rossouw, Den Haan se swaer, het Dinsdag gesê die vragmotor vol landmyne het “om een of ander onbekende rede” ontplof.

Den Haan het in Bloemfontein gewoon saam met sy vrou en seun wat aan die Universiteit van die Vrystaat studeer.

Volgens Rossouw het Den Haan as kind in die noordelike voorstede van Kaapstad gewoon en later na Brakpan, Gauten

Suid-Afrikaner wat weens beweerde terrorisme in Mosambiek aangehou is, is onder raaiselagtige omstandighede oorlede

André Hanekom, die Suid-Afrikaner wat meer as ses maande lank in aanhouding in Mosambiek was, is Woensdagoggend onder raaiselagtige omstandighede dood. Foto: Verskaf

“Hulle het my pa verwoes en toe doodgemaak,” het ’n emosionele Andrie, Hanekom se dogter, aan Netwerk24 gesê.

Volgens Andrie het haar ma, Francis, Woensdagoggend omstreeks 04:00 ’n oproep ontvang wat haar ingelig het van haar man se dood.

“Ons is deur ses maande van hel om sy onskuld te bewys en nou is hy dood, ek sal hom nooit weer ’n drukkie kan gee nie,” het ’n huilende Andrie gesê.

Sy sê haar pa is Saterdag na die waakeenheid van ’n hospitaal in Mosambiek oorgeplaas nadat hy in sy maag begin bloei het. Hy het ook konvulsies gekry en het later sy bewussyn verloor.

Andrie sê die volgende wat hulle gehoor het, is dat hy dood is.

“Niemand het ooit ondersoek ingestel nie, ons het gepleit vir hulp en in Suid-Afrika het die owerhede nie ’n vinger gelig om hom te he

Oud-SA rugbyspeler Barend Britz in Frankryk vermoor

Die oud-rugbyspeler Barend Britz is Donderdagaand in ’n aanval in sy kroeg in Perpignan, Frankryk, beseer en net daarna in die hospitaal dood.

Britz (63), ’n slot in sy speeldae, wat die kroeg Bar and Britz in die suide van Frankryk besit het, is aangeval deur ’n man wat sy kroeg verwoes het. Luidens berigte in die Franse media het Britz aan sy beserings dood met sy aankoms by die hospitaal in Perpignan.

Die aanvaller het glo stoele rondgegooi en vensters stukkend geslaan voordat hy Britz verskeie kere oor die kop geslaan het.

Volgens lindependant.fr sê ’n ooggetuie dat die aanvaller omstreeks 21:00 by die kroeg ingebars het. Britz het glo probeer om die man te kalmeer, maar hy is verskeie kere oor die kop geslaan.

Volgens sy seun Barend is twee mans in hegtenis geneem, aldus SupaRugby.

Britz het in die tagtigerjare provinsiale rugby vir Transvaal (Goue Leeus) en Noord-Transvaal (Blou Bulle) gespeel, voordat hy na Frankryk verhuis het en tot sy

Liberale media in SA en VSA is boos nadat Trump oud-Suid-Afrikaner Lana Marks as VS-ambassadrise in Pretoria aanstel

Die liberale media in sowel die VSA as Suid-Afrika is boos omdat president Donald Trump ‘n oud-Suid-Afrikaanse vrou, Lana Marks, as Amerikaanse ambassadrise in Pretoria aangestel het. Marks is boonop ‘n blanke en ‘n entrepreneur en wat tot dusver ‘n geslaagde onderneming in die luuksegoederebedryf bestuur het.

Sowel Associated Press as Reuters het haar neerhalend as ‘n “handsakontwerper” bestempel en daarop gesinspeel dat sy ‘n lid is van die eksklusiewe Mar-a-Lago-vakansieoord in Florida. Volgens Associated Press word 30% van Amerikaanse ambassadeurs gewoonlik nie uit die geledere van professionele diplomate aangestel nie en is Marks daarom kwalik ‘n uitsondering.

Dieselfde media het ook geen beswaar geopper toe Barack Obama die Kongolees-gebore Patrick Gaspard, ‘n anti-blanke aktivis en swart nasionalis wat Obama in sy Chicago-dae leer ken het, tot Suid-Afrikaanse ambassadeur benoem het nie.

Mev. Lana Marks is in Oos-Londen gebore en het