
Voormalige minister van finansies, Trevor Manuel, is die nuutste prominente Suid-Afrikaner wat die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet te bevraagteken, om voorsiening te maak vir onteiening van grond sonder vergoeding.
Wêreld Nuus
Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte het ‘n verklaring uitgereik na afloop van ʼn byeenkoms van verskeie organisasies en groepe op 23 Junie 2021 te Pretoria, waarin die voorgestelde wysigings aan die Vuurwapenbeheerwet, wat in die Staatskoerant vir kommentaar gepubliseer is, bespreek was. Volgens die Ad Hoc groep word Vuurwapenbeheer Konsepwetgewing gesien as nog ʼn aanslag op eiendomsreg.
Dit is duidelik tot wat ‘n mate mense gedesensitiseer is, oor Sosialisme en die Rooi Gevaar, uit opmerkings tydens die openbare verhore van die portefeuljekomitee oor openbare werke en infrastruktuur, oor die onteieningswet. Dit is duidelik dat deelnemers geen idee het van die implikasies van hierdie wet nie. Dit is dus die taak van die ad hoc-groep vir die beskerming van eiendomsreg om die publiek te waarsku, oor wat die gevolge vir die land en sy mense sal wees as die wet toegepas word.
By die verhore laas naweek in Orange Farm, Gauteng, het die deelnemers hul mening uitgespreek dat die Covid-19-pandemie gebruik moet word om die implementering van die Onteieningswet te bespoedig, en sodoende toegang tot openbare gesondheidsorg, polisiekantore, behuising, werk te kry, en ekonomiese geleenthede. Die “Groot Herstel” waarvan Ramaphosa en Sosialiste wêreldwyd praat is nie ‘n grap of fopnuus nie.
Luister Hier: