
Dit blyk asof die SA Polisie Diens aan die kant van die kriminele veg! Ongelooflik het die SAPD dit reggekry om meer as 26,000 vuurwapens te verloor oor ‘n tydperk 12 jaar, en in 2011 kon die SANW nie rekenskap gee oor 82,000 vuurwapens nie!
Wêreld Nuus
Het iemand vir ons gevra? Na die Gupta skandaal aan die lig gekom het, het Pravin Gordhan gesê mense moet die kolletjies verbind, en as ons dit doen, blyk dit dat die privatisering van SAL nog ‘n plundering skema deur die ANC-mafia is. Harith, die nuwe eienaar van SAL, is deur die Mbeki- en Ramaphosa-faksie van die ANC gestig en het moontlik fondse gebruik wat aan die pensioenfonds van die regering (PIC) behoort. Net soos toe multimiljardêr-oligarge na die val van die USSR geskep is, deur openbare staatsbates in privaat sakke te plaas. is die privatisering van die SAL net ‘n massiewe slenter, wat ontwerp is om die SAL vas te vang vir kaders verbonde aan Ramaphosa se faksie van die ANC! Is die SAL doelbewus bankrot gemaak om hierdie buit van ons bates moontlik te maak?
Die Suid-Afrikaanse minister van Gesondheid is op spesiale verlof geplaas tot verdere kennisgewing deur Cyril Ramaphosa, terwyl die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) bewerings van korrupsie met Digital Vibes ondersoek. Zweli Mkhize het beweer dat hy tyd van sy pos gevra het terwyl die ondersoek aan die gang is, en gevra om tydelik vervang te word sodat hy die bewerings van korrupsie teen hom kan beveg, maar niemand glo dat dit vrywillig was nie.