
Orania het ‘n reg om te bestaan!
Wêreld Nuus
Asof dit nie erg genoeg was dat ons forseer was om in ons eie huise te bly nie, blyk dit dat dit nie lank is voor ons eie asem gemeet en getel sal word nie! ‘n Nederlandse Bankier en professor, Barbara Baarsma van Rabobank, wil vir burgers persoonlike jaarlikse CO₂ kwotas gee! Sy het vroeër die maand die skokkende voorstel gemaak op die besigheidsbesprekingsprogram, “Zakendoen” op BNR-radio.
As deel van die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) se “Groot Herstel”-agenda vir die mensdom, sluit Ierse leiers aan by hul mede samesweerders in Nederland, Duitsland en Kanada om boere en hul plase uit te faseer, en wêreldwye voedseltekorte verder in gevaar te stel. Die Ierse regering beplan om ‘n vermindering van emissies van ongeveer 28 persent op boere af te dwing.
Nederland is steeds by vestek ‘n landbouland, wat ‘n kolossale resultaat lewer nieteenstaande sy oppervlakte, wat dit tweede plaas op die wêreldranglys vir uitvoere van landbou- en tuinbouprodukte. Die Nederlandse boere en tuinboukundiges vorm die historiese platform van ‘n welvarende Nederland, maar die globalistiese Rutte/Kaag-regering het egter, volgens die Wêreld Ekonomiese Forum se beleid, die plan geïmplementeer om ‘n aansienlike deel van hierdie boere en landboumaatskappye te likwideer of uit te koop.
Die vier dae lange vergadering van die wêreld oorheersende Wêreld Ekonomiese Forum lede, het onder groot bewaking, vanaf 22 Mei begin. Na twee jaar van afwesigheid, as gevolg van die korona-hipnose, word dit agter ‘n mag van 5,000 soldate en polisie gehou, en die gebied rondom en bokant Davos in Switserland word streng beskerm, selfs met ‘n “no fly zone”.
In die aangesig van massiewe opposisie in die “Never Trump” sameswering formaat, vanaf die EU en George Soros, het Viktor Orbán se nasionalistiese Fidesz-party in Hongaarse nasionale verkiesings geseëvier. Hy sal dus ‘n doring in die globalistiese ver linkse EU sy bly, en aanhou om as ‘n baken van hoop vir vrede liewende konserwatiewe Europeërs te staan.
Naspers het lank gelede die besluit geneem om die liberale “reënboogland” te help instel en globalisme te bevorder, maar nou skielik verdedig hulle die nasionalisme van Ukraine? Dit nieteenstaande die feit dat liberale Naspers die skoothond van die Chinese Kommunistiese Party is, omdat die oorgroot meerderheid van Naspers se waarde in China is – aan die kant van Westerse liberalisme en globalisme val, wat nog ‘n nasiestaat probeer vernietig, in ‘n lang lys van verowerde nasiestate oor die laaste halwe eeu…