Griekse Polisie Arresteer Mense Smokkelaars, En Ontdek Hulle is Lede van Ver Linkse Humanitêre NRO!

Die Griekse polisie op die eiland Lesvos het ‘n netwerk van mensesmokkelaars ontdek wat onwettige migrante vanuit Turkye onwettig na Griekeland ingesmokkel het. Die groep bestaan ​​uit nie minder nie as ‘n dosyn nie-Grieke, waaronder sommige lede van een van die sogenaamde humanitêre nie-regeringsorganisasies is, wat die Middellandse See onveilig maak met hul kamma “Rescue Missions”.

Waterponie-rekord wink dié week vir Suid-Afrikaner

’n Suid-Afrikaner wat probeer om die wêreldrekord te verbeter vir die langste alleenvaart op ’n waterponie, sê hy wou die rekord van 3 047 km op Mandeladag ewenaar, maar weens onstuimige omstandighede sal hy dit moontlik eers later in die week regkry.

Marinus du Plessis (55) van Pretoria, probeer bykans 11 000 km in 40 dae kafdraf. Hy het in Noorweë, naby Noordpoolsirkel, weggespring en die eindpunt is Athene in Griekeland.

“Dit is rof, mense dink seker ek ry met ’n toebroodjie in die een hand en tee in die ander, terwyl ek eintlik party dae om 05:00 begin en eers om 21:30 by die volgende hawe aankom. Dan moet ek eers die waterponie regkry vir die volgende dag voordat ek kos soek. Ek bly ook selde in ’n hotel en slaap eerder op die hawehoof langs die ponie. En dan is dit ook maar net vir enkele ure voordat ek weer begin ry,” sê Du Plessis in Skagen, Denemarke.

Hy sê al kan die waterponie vinniger ry, kan hy nie juis vinniger as 60 km/h ry nie,