Financial emigration: SARS and small expatriate fish

Emigrating from South Africa is not as simple as packing up your bags, jumping on a plane and setting up shop somewhere else. Unfortunately, there is still the issue of tax and no matter where you go, the taxman remains interested.

The South African Reserve Bank, SARS and even the globally agreed “common reporting standards” or “CRS” want to know your movements. Even Home Affairs have climbed on this bandwagon in respect of the White Paper released last year which recommends that all South Africans abroad must report themselves correctly, for good recordkeeping and for the authorities to know their whereabouts.

The only way to formally place yourself on record for all these items is to undertake the financial emigration process. This means that you will be noted with SARS (which covers your personal tax status and CRS) and the SARB (which covers your bank account status) that you are no longer “ordinarily resident” in South Africa for fiscal

Bain’s Cape Mountain Whisky kraai wêreldwyd koning

Bain’s Cape Mountain Whisky is Donderdagaand in Londen met dieBain’s Cape Mountain Whisk-titel op die World Whiskies-prysaand bekroon. Boonop is die stigter-distilleerder, Andy Watts, as die wêreld se meester-distilleerder vir 2018 aangewys.

Hierdie toekennings, wat jaarliks ​​deur die Verenigde Koningryk se Whisky Magazine aangebied word, trek sterk kompetisie uit onder meer Skotland, Ierland, die VSA en Japan in ʼn poging om as die wêreld se beste whiskyprodusent aangewys te word.

Die uitslae is tydens ʼn glansgeleentheid in die Waldorf Hilton Hotel in Londen bekendgemaak. Watts, ʼn voormalige professionele krieketspeler, het albei toekennings persoonlik ontvang en gesê die oorwinning was oorweldigende nuus vir hul trots Suid-Afrikaanse handelsmerk en vir Suid-Afrika.

“Ons het teen alle verwagting in die persepsie oorkom dat slegs tradisionele whisky-produserende lande ernstig geneem kan word. Ons bedryf in Suid-Afrika is net 40 jaar oud en hoew

Aussie minister sal voortgaan met sy plan om blanke boere van Suid-Afrika na Australië te bring

Die minister van binnelandse sake van Australië het bevestig dat hy sal voortgaan met sy plan om blanke boere van Suid-Afrika na Australië te bring.

Hy maak sy kritici af as “mal linkses” en volgens hom is hulle dood vir hom.

Minister Dutton het voorheen deurgeloop oor sy standpunt rondom asielsoekers vanuit Asië en die Middel Ooste.

TLU SA het vroeër reeds sy waardering uitgespreek vir die feit dat die minister opkom vir die Suid-Afrikaanse boere.

Deur: Die Vryburger


Suid-Afrikaner vertel om in Australië te boer is taai

Boerdery in Australië is taai en jy moet op jou eie werk. Jy moet alles self doen. Plase is duur en dit maak dit amper onbereikbaar vir Suid-Afrikaners. Dit is die grootste struikelblok. As jy bereid is om vir ’n Aussie te boer, is jy hoog in aanvraag.

Só sê Theo van Niekerk, ’n gewese Suid-Afrikaner wat in Excelsior op skool was en aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer het. Hy werk al 18 jaar as landboukundige in Australië en spesialiseer in grondvrugbaarheid en plantvoeding.

Hy werk met Aussie- en gewese Suid-Afrikaanse boere wat nou daar boer.

Netwerk24 het Van Niekerk om kommentaar genader oor die politieke en diplomatieke bom wat gebars het oor Australië wat ’n hand na Suid-Afrikaanse boere uitgereik het weens die planne om grond te onteien sonder vergoeding.

Van Niekerk sê daar is nie so baie Suid-Afrikaanse boere wat plase in Australië gekoop het nie. Hy ken net ses sulke boere, maar daar is baie Suid-Afrikaners wat vir die Aus

Wêreldgeluks-verslag – Suid-Afrikaners is nie ’n besonder gelukkige spulletjie nie

Suid-Afrikaners is nie ’n besonder gelukkige spulletjie nie. Selfs in kommunistiese lande en van dié waar mense onderdruk word en deur terrorisme of burgerlike onrus geteister word, sal jy gelukkiger mense aantref.

Dit blyk uit die nuutste World Happiness-verslag wat Woensdag uitgereik is. Boonop het Suid-Afrika, vergeleke met verlede jaar, vier plekke teruggesak tot nommer 105 op die ranglys van 156 lande.

Die ranglys word deur die Verenigde Nasies (VN) se Sustainable Development Solutions Network saamgestel uit data van Gallup van 2015 tot 2017 waarin ses sleutelveranderlikes van algemene welstand gemeet word: inkomste, vryheid om keuses te maak, vertroue (in die regering en die sakegemeenskap), ’n gesonde lewensverwagting, maatskaplike ondersteuning (ondersteuning van ander) en vrygewigheid (gemeet in skenkings).

Die verslag is enkele dae voor World Happiness Day op 20 Maart uitgereik, en Finland gaan dit veral met oorgawe kan vier as die land met die

‘Hoe Afrikaans my in Irak gehelp het’ vertel vertel Johan Raath’n private militêre kontrakteur

In Irak moet jy nie net koes vir koeëls nie, maar ook oppas as jy die slag net “dankie” sê. In dié uittreksel uit Blood Money, die eerste boek deur ’n Suid-Afrikaner wat veiligheidswerk in Irak gedoen het, vertel Johan Raath oor die werklikhede en uitdagings van die lewe as ’n private militêre kontrakteur.

Benewens die lewensgevaar waaraan private militêre kontrakteurs in Irak aan blootgestel is, het die daaglikse lewe ook talle uitdagings gebring, talle vanuit die natuur. Ons moes byvoorbeeld gewoond raak aan die ontsettende hitte. In suidelike Irak raak die lugtemperatuur dikwels 50 °C en meer. In die direkte son raak dit selfs warmer.

Ons het gereeld wanneer ons in die son gewerk het temperature van oor die 60 °C gemeet, soms tot oor 70 °C.

Suid-Afrikaanse kollegas wat ingenieurs in die suide van Irak opgepas het, het met industriële termometers temperature in die direkte sonlig gemeet om die uitsetting en inkrimping van kragdrade te meet.

Bok Goosen speel weer ná sy omstrede ‘uittrede’

Die gesaghebbende Franse sporttydskrif L’Equipe het Donderdagoggend berig dat die Springbok-losskakel/heelagter Johan Goosen weer in Frankryk gaan rugby speel.

Goosen, wat in November 2016 met ʼn verskoning Racing92 verlaat het om in Suid-Afrika ʼn direkteur te word van ʼn perde-stoetery, se onvoltooide kontrak met Racing is deur die skatryk president van Montpellier, Mohed Altrad, uitgekoop.

Racing het met sy vertrek beweer Goosen het nie die reg gehad om midde-in sy kontrak op te hou om vir hulle te speel nie.

Hy het nog 2½ jaar van sy kontrak by Racing gehad om na te kom toe hy “uitgetree” en die pad Suid-Afrika toe gevat het.

Goosen, 25, het in 13 toetse vir Suid-Afrika gespeel.

Dit het Altrad 1,5 miljoen euro (sowat R21,5 miljoen) gekos om Goosen se kontrak uit te koop en sy dienste te verkry. Hy sal glo in Julie by sy nuwe klub aansluit en eers in die nuwe seisoen aan die einde van die jaar vir Montpellier begin speel.

♦ Montpellie

Ryno se boksloopbaan by kruispad in Duitsland

Die gewilde bokser Ryno Liebenberg se loopbaan kan Saterdagaand in Duitsland eindig.

Liebenberg boks in Ludwigsburg teen Vincent Feigenbutz, ’n Duitser wat 24 van sy 27 oorwinnings met uitklophoue behaal het.

Liebenberg het vroeër aangedui dat hy dit sou oorweeg om uit te tree indien hy teen die 22-jarige Feigenbutz verloor.

Die afgelope paar jaar het die 34-jarige Liebenberg ietwat wisselvallig vertoon.

Op sy beste kan hy egter die opkomende Duitser skok. Feigenbutz raak soms ’n bietjie wild en vergeet dat hy moet verdedig.

Hy is baie sterk en takel sy teenstanders ook af met harde haakhoue na die lyf.

Ter voorbereiding vir die geveg het Feigenbutz in die berge van Slowenië in ’n yshut geslaap.

Die geveg vind in die afdeling vir super-middelgewigte plaas. Liebenberg, wat gewoonlik as ligswaargewig veg, moes dus ’n paar kilogram afskud.


Suid-Afrikaanse gesin kry trekpas uit Nieu-Seeland

’n Suid-Afrikaanse gesin wat sedert 2008 in Nieu-Seeland woon, moes ten spyte van ’n petisie wat duisende mense onderteken het, die land verlaat omdat hul seun ’n chroniese niertoestand het.

Netwerk24 het vroeër berig die Nieu-Seelandse owerhede weier die Von Metzinger-gesin burgerskap omdat hul 15-jarige seun, Ethan, met fase-vier-urine-terugvloeiing gediagnoseer is.

Ethan is sonder kleppe in sy urinebuis, wat urinevloei beheer, gebore en die Nieu-Seelandse regering beskou die toestand as ’n las op die gesondheidstelsel.

Ethan se broer, Travis (18), het vroeër vandeesmaand ’n petisie op Change.org begin wat intussen deur meer as 30 000 mense onderteken is.

Die Nieu-Seelandse owerhede het egter ten spyte van wye ondersteuning die twee broers en hul ouers, Steven en Joan, die trekpas gegee.

Die familie kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie, maar Ethan se pa het aan die webwerf Stuff gesê die Nieu-Seelandse immigrasie-owerheid het noo

VN-forum vir minderheidsregte toon internasionale behoefte vir moedertaalonderrig

Amptenare, burgerregte- en nieregeringsorganisasies van regoor die wêreld het vandeesweek bymekaar gekom tydens die 10de sitting van die Verenigde Nasies (VN) se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland. Vanjaar se tema van die sitting is jeugkwessies van minderheidsgroepe en sluit onder meer kwessies soos onderwys, die jeug se deelname aan openbare kwessies en benutting van die media om hulle minderheidsregte te bevorder, in.

Verteenwoordigers van minderheidsgroepe in lande soos Rusland, Engeland, Irak, Poland, Soedan, Georgië, Japan, Tunisië, Kanada en Iran het tydens die eerste sessie, wat oor inklusiewe onderrig om die jeug te bemagtig, gehandel het, het vertel van die uitdagings wat hulle ondervind veral ten opsigte van moedertaalonderrig.
Volgens Elizabieta Kuzborska, ’n verteenwoordiger van die Poolse minderheid in Litaue, is taal die kern van ’n persoon se identiteit.

Die Republiek van Litaue is ’n Noordoos-Europese land waar