Suid-Afrikaner vertel om in Australië te boer is taai

Boerdery in Australië is taai en jy moet op jou eie werk. Jy moet alles self doen. Plase is duur en dit maak dit amper onbereikbaar vir Suid-Afrikaners. Dit is die grootste struikelblok. As jy bereid is om vir ’n Aussie te boer, is jy hoog in aanvraag.

Só sê Theo van Niekerk, ’n gewese Suid-Afrikaner wat in Excelsior op skool was en aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer het. Hy werk al 18 jaar as landboukundige in Australië en spesialiseer in grondvrugbaarheid en plantvoeding.

Hy werk met Aussie- en gewese Suid-Afrikaanse boere wat nou daar boer.

Netwerk24 het Van Niekerk om kommentaar genader oor die politieke en diplomatieke bom wat gebars het oor Australië wat ’n hand na Suid-Afrikaanse boere uitgereik het weens die planne om grond te onteien sonder vergoeding.

Van Niekerk sê daar is nie so baie Suid-Afrikaanse boere wat plase in Australië gekoop het nie. Hy ken net ses sulke boere, maar daar is baie Suid-Afrikaners wat vir die Aus