Rosemont Seneca Technology Partners (RSTP), ‘n beleggingsonderneming onder leiding van Joe Biden se seun Hunter Biden, was ‘n leidende finansiële ondersteuner van Metabiota, ‘n pandemie-opsporings- en reaksieonderneming wat saamgewerk het met Peter Daszak se EcoHealth Alliance en die Wuhan Institute of Virology.
#BlootgestelAanSkade – Dit blyk asof die Demokrate in VSA die ANC se dodelike Sosialistiese beleid probeer implementeer. Wapen verkope in die VSA, wat in die vroeë maande van 2020 gestyg het weens die pandemie en BLM-onluste, neem steeds toe, omdat Amerikaners bang is vir nog ‘n somer van BLM Antifa-onluste soos verlede jaar, bo en behalwe die Demokraat beleide van polisiëring verminder, strenger wapen beheer toepas en massas onwettige migrante wat die land binnestroom! In April 2020 was daar 2,9 miljoen agtergrond verifikasie aansoeke (vir wapen lisensies) en die afgelope April was daar ‘n half miljoen meer: 3,4 miljoen vir vuurwapen agtergrond aansoeke.
Selfs Latyne en swartes is bang vir die Demokratiese regering van Biden, nie net omdat hy die Reg op wapeneienaarskap wil verwyder nie, maar ook omdat hulle die polisie verminder, en dan ook miljoene onwettige immigrante die land in laat, wat Amerikaners wyd bloo
Dit blyk asof Trump weereens reg was: Groot tegnologiese reuse soos Facebook en Twitter is nou weliswaar die selfaangestelde “Orwelliaanse” arbiters van die waarheid “ongeag die feite,” sê Sky News-aanbieder Rita Panahi, nadat Facebook besluit het om sy beleid verlede week om te keer, en opgehou het om poste te verbied wat voorgestel het COVID-19 mens gemaak is, en vrygelaat is vanuit die laboratorium in Wuhan, China.
Die idee is deur pro China Facebook as ‘n samesweringsteorie en vals beskou, (Mark Zuckerberg se vrou is Chinees), wat beteken dat hulle poste wat die idee bespreek of selfs noem, verbied het, en die skrywer is gestraf.