Dit is tragies dat die howe die ware diversiteit van Suid-Afrika, met ‘n dosyn tale, van die ANC regime moet beskerm, maar dit bly egter onverkwiklik dat die regering diversiteit predik maar eentaligheid toepas. Aan die vooraand van Erfenisdag is die uitspraak dus gepas deurdat dit die taalregte van studente erken en ʼn bepaalde verpligting ten opsigte van uitvoering aan Unisa opgelê het. Dit is ewe onverkwiklik dat taal- en kultuurgemeenskappe hulle in die finale instansie na die howe moet wend om hulle regte op te eis aangesien diverse tale met spesifieke verwysing na Afrikaans, grootliks uitgerangeer word, veral by histories Afrikaanse universiteite.
Die SANW ondervind heelwat Covid-19 infeksies en op ‘n 4 maand weermag kursus wat in Heidelberg Gauteng gehou word, is daar al 13 Covid gevalle op die kursus, maar die hoofde wil nie die kursus stop nie. Al die besmette mense bly wel in dieselfde koue rondawel en gebruik dieselfde geriewe, ens.
Al het die plaasaanvalle wat landwyd aangemeld is sedert April 2020 gedaal na 395, het die plaasmoorde gestyg na 59 vanaf 41 die vorige jaar, wat beteken dat die aanvalle dodeliker word.
AfriForum het gister hul weergawe van die statistieke oor plaasaanvalle en -moorde bekend gemaak. Die hoof van beleid en optrede van die organisasie, Ernst Roets, het gesê dat hoewel daar in die boekjaar 2020/2021 ‘n afname in die aantal plaasaanvalle was, was daar steeds ‘n toename in plaasmoorde.
Wat staan ons te doen na #Dirkiesdorp, die #DoodskisTwee, #Coligny en ander korrupte eensydige hofsake? Na aanleiding van die #Dirkiesdorp voorval is dit belangrik om ‘n analise te doen sodat boere en wit mense in die algemeen kan weet hoe om op te tree as so iets weer in die toekoms plaasvind.
Eerstens, die Polisie en NVG word ook beman, beheer en oorheers deur die swart meerderheid, so ons as wit minderheid het van die begin af ‘n agterstand. Dit is dus van uiters belang om te weet dat rasse insidente deur die swart oorheersing revolusionêre soos EFF, ANC, BLF, PAC, SAKP, ens. gebruik word om hulle sogenoemde “revolusie” te bevorder.