Trump Vat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) aan wat te “China-gesentreerd” is en Als Verkeerd Gedoen het oor die Chinese Virus COVID19!

In ‘n lang agterstallige kommentaar, het die Amerikaanse President Donald Trump gedreig om geld terug te hou van die beleërde Wêreldgesondheidsorganisasie, wat die sukkelende globalistiese organisasie sonder fondse van sy grootste skenker sal los, aangesien baie van sy 194 lede tans deur die koronavirus geteister word. Sal China, wat blykbaar die WGO beheer, en na bewering al herstel het, ingryp en die ekstra geld aanbied, spesifiek noudat die WGO die wêreld aanmaan om aan China “dankbaarheid en respek” te betoon?

Tydens sy daaglikse inligtingsessie oor die coronavirus situasie Dinsdag, het Trump ‘n aanval geloods, hierdie keer teen die WGO, en gesê dat die organisasie wat hy ‘China-centric’ genoem het, te stadig en ondoeltreffend was in reaksie op die pandemie van die coronavirus. Hy het gesê “Die Wêreldgesondheidsorganisasie ontvang groot hoeveelhede geld van die Verenigde State, ons betaal die grootste deel van hul geld,<

Moet Sjina Betaal vir Ons Verliese Weens die CoronaVirus? Twee Amerikaanse Firmas Dagvaar Sjina Weens Strafregtelike Nalatigheid vir die Verberging van die Corona “Sjinese” Virus-uitbraak in Wuhan!

Terwyl Ramaphosa paniekbevange is om sy Sjinese meesters se gemors in SA te bekamp, het die Amerikaanse President Donald Trump onlangs Sjina oor die kole gehaal oor die “Chinese Virus”, soos hy dit noem. Op ‘n onlangse perskonferensie waar hy gesê het dat Sjina die VSA nie oor die krisis ingelig het nie, het Trump gesê dat hy ‘n bietjie ontsteld is met die Sjinese owerhede, en het bygevoeg dat sou almal ‘n paar maande terug ingelig gewees was, toe Sjina dit geweet het, sou baie lewens gered kon word. Selfs die W.H.O. het ‘n ruk terug gewaarsku dat die volgende groot epidemie uit die “nat markte” van Sjina kon kom, maar Sjina het dit opsetlik geïgnoreer…

Tog blyk dit dat Sjina nog steeds besig is met blatante leuens en bedekkings. Sjina het die afgelope drie maande ‘n afname van 21 Miljoen selfoongebruikers gerapporteer, wat kan aandui dat die #CCPvirus dood gevalle veel meer is as wat hulle erken het. ‘n Mens sou jou voorstel in ‘n kwarantyn situasie, sou d

Draaiboek van skrywer François Bloemhof word Hollywood-fliek

Hy het nie besef dat dit sy droom is nie totdat dit gebeur het. ’n Rolprent gaan aanstaande jaar in Hollywood van ’n draaiboek van die skrywer François Bloemhof gemaak word.

Sy voorstel vir ’n rolprent wat hy ses maande gelede aan ’n Amerikaanse rolprentvervaardiger voorgelê het, is pas aanvaar.

“Dis een van daai dinge wat so onrealisties is dat ek glad nie op daardie skaal gedink het nie. Hier in Suid-Afrika moet jy iemand ken voordat jy ’n voet in die deur kry, of iemand ken wat íemand ken. En ek ken niemand nie! Nog minder in Hollywood. Dit was dit dus nooit ’n opsie nie.”

Bloemhof se draaiboek The Night Visitor, ’n wetenskapfiksieriller handel oor ’n model wie se suster vermoor is. Met haar terugkeer na haar tuisdorp besef sy dat haar suster nie die enigste slagoffer is nie en dat sy dalk ook in gevaar verkeer.

Sy enigste verfilmde vollengte-draaiboek is Double Echo wat onlangs voltooi is. Dit is gegrond op sy spanningsroman Doods