Ryno se boksloopbaan by kruispad in Duitsland

Die gewilde bokser Ryno Liebenberg se loopbaan kan Saterdagaand in Duitsland eindig.

Liebenberg boks in Ludwigsburg teen Vincent Feigenbutz, ’n Duitser wat 24 van sy 27 oorwinnings met uitklophoue behaal het.

Liebenberg het vroeër aangedui dat hy dit sou oorweeg om uit te tree indien hy teen die 22-jarige Feigenbutz verloor.

Die afgelope paar jaar het die 34-jarige Liebenberg ietwat wisselvallig vertoon.

Op sy beste kan hy egter die opkomende Duitser skok. Feigenbutz raak soms ’n bietjie wild en vergeet dat hy moet verdedig.

Hy is baie sterk en takel sy teenstanders ook af met harde haakhoue na die lyf.

Ter voorbereiding vir die geveg het Feigenbutz in die berge van Slowenië in ’n yshut geslaap.

Die geveg vind in die afdeling vir super-middelgewigte plaas. Liebenberg, wat gewoonlik as ligswaargewig veg, moes dus ’n paar kilogram afskud.


Britse kommentator en aktivis teen plaasmoorde, Katie Hopkins, val flou in SA

Nooddienste moes Sondag die Britse kommentator en rubriekskrywer Katie Hopkins in Suid-Afrika help nadat sy ketamien geneem vir ‘n ontwrigte skouer het, het flou geval daarna.

Hopkins (42) het Sondag ’n foto getwiet waar sy met haar gesig na onder lê op ’n sypaadjie terwyl sy behandeling ontvang.

Sy skryf saam by die foto: “Grateful thanks to the South African emergency services for putting me back together. Leaving it all on the road, to tell the truths not being told. *ketamine 1 / Hopkins 0).”

Sy het later die gebruik van ketamien, ’n baie sterk pynstiller, verduidelik. “Ek het mediese ketamien ontvang vir ’n ernstig ontwrigte skouer,” het sy geskryf.

Sy is tans in Suid-Afrika om ’n dokumentêr te verfilm oor plaasmoorde. Sy doen verslag oor wat sy noem “die sistematiese slagting van wit boere in Suid-Afrika”.

Sy vervaardig kort video’s en skryf berigte vir haar webtuiste Hopkinsworld en die Kanadese video kanaal en webtuiste

Suid-Afrikaanse gesin kry trekpas uit Nieu-Seeland

’n Suid-Afrikaanse gesin wat sedert 2008 in Nieu-Seeland woon, moes ten spyte van ’n petisie wat duisende mense onderteken het, die land verlaat omdat hul seun ’n chroniese niertoestand het.

Netwerk24 het vroeër berig die Nieu-Seelandse owerhede weier die Von Metzinger-gesin burgerskap omdat hul 15-jarige seun, Ethan, met fase-vier-urine-terugvloeiing gediagnoseer is.

Ethan is sonder kleppe in sy urinebuis, wat urinevloei beheer, gebore en die Nieu-Seelandse regering beskou die toestand as ’n las op die gesondheidstelsel.

Ethan se broer, Travis (18), het vroeër vandeesmaand ’n petisie op Change.org begin wat intussen deur meer as 30 000 mense onderteken is.

Die Nieu-Seelandse owerhede het egter ten spyte van wye ondersteuning die twee broers en hul ouers, Steven en Joan, die trekpas gegee.

Die familie kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie, maar Ethan se pa het aan die webwerf Stuff gesê die Nieu-Seelandse immigrasie-owerheid het noo

VN-forum vir minderheidsregte toon internasionale behoefte vir moedertaalonderrig

Amptenare, burgerregte- en nieregeringsorganisasies van regoor die wêreld het vandeesweek bymekaar gekom tydens die 10de sitting van die Verenigde Nasies (VN) se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Genève, Switserland. Vanjaar se tema van die sitting is jeugkwessies van minderheidsgroepe en sluit onder meer kwessies soos onderwys, die jeug se deelname aan openbare kwessies en benutting van die media om hulle minderheidsregte te bevorder, in.

Verteenwoordigers van minderheidsgroepe in lande soos Rusland, Engeland, Irak, Poland, Soedan, Georgië, Japan, Tunisië, Kanada en Iran het tydens die eerste sessie, wat oor inklusiewe onderrig om die jeug te bemagtig, gehandel het, het vertel van die uitdagings wat hulle ondervind veral ten opsigte van moedertaalonderrig.
Volgens Elizabieta Kuzborska, ’n verteenwoordiger van die Poolse minderheid in Litaue, is taal die kern van ’n persoon se identiteit.

Die Republiek van Litaue is ’n Noordoos-Europese land waar

Afrikaans is tops! – Fransman van Kovsies gooi Afrikaans alte gesellig

’n Student van Frankryk aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het in net 13 weke só goed Afrikaans leer praat dat mense nie wil glo dat hy ’n Fransman is nie.

Sébastien Grall van Dijon in Frankryk, wat politieke wetenskap aan Kovsies studeer, het die beginnerskursus van Gesellig Afrikaans aan die UV voltooi en wil nou volgende jaar Gesellig Afrikaans 2 doen.

“Toe ’n Franse student, wat vroeër aan die UV studeer het en wat vir Sébastien ken, hoor hy is ook op pad na Kovsies, het hy vir Sébastien gesê ‘sorg dat jy by daardie kursus uitkom’. Dié twee gesels nou aanlyn met mekaar in Afrikaans,” het Ida Meiring, fasiliteerder van Gesellig Afrikaans 1 gesê.”

Volgens Meiring het Grall hard gewerk om die taal baas te raak sedert hy in die derde semester in Julie hier aangeland het. “Dis nie die maklikste taal om aan te leer nie. Die feit dat hy in ’n Afrikaanse leefwêreld is en dat baie van sy koshuismaats in Vishuis Afrikaanssprekend

Draaiboek van skrywer François Bloemhof word Hollywood-fliek

Hy het nie besef dat dit sy droom is nie totdat dit gebeur het. ’n Rolprent gaan aanstaande jaar in Hollywood van ’n draaiboek van die skrywer François Bloemhof gemaak word.

Sy voorstel vir ’n rolprent wat hy ses maande gelede aan ’n Amerikaanse rolprentvervaardiger voorgelê het, is pas aanvaar.

“Dis een van daai dinge wat so onrealisties is dat ek glad nie op daardie skaal gedink het nie. Hier in Suid-Afrika moet jy iemand ken voordat jy ’n voet in die deur kry, of iemand ken wat íemand ken. En ek ken niemand nie! Nog minder in Hollywood. Dit was dit dus nooit ’n opsie nie.”

Bloemhof se draaiboek The Night Visitor, ’n wetenskapfiksieriller handel oor ’n model wie se suster vermoor is. Met haar terugkeer na haar tuisdorp besef sy dat haar suster nie die enigste slagoffer is nie en dat sy dalk ook in gevaar verkeer.

Sy enigste verfilmde vollengte-draaiboek is Double Echo wat onlangs voltooi is. Dit is gegrond op sy spanningsroman Doods

Spelers uit SA druk 7 keer in Euro-klubreekse

Spelers uit Suid-Afrika het sewe drieë in die eerste ronde van Europa se twee voorste klubreekse gedruk.

Die Springbok-skrumskakel Faf de Klerk het die meeste punte (tien) behaal toe hy met twee doelskoppe en twee strafdoele vir die Engelse klub Sale teen die Franse klub Toulouse geslaag het.

Die twee spanne het in die reeks om die Europese Uitdaagbeker met 20-20 gelykop gespeel.

In die reeks om die Europese Kampioenebeker het nog ʼn Bok, Ruan Pienaar, sewe punte met twee doelskoppe en ʼn strafdoel vir Montpellier (Frankryk) teen Leinster (Ierland) behaal.

Die Iere het met 24-17 gewen.

Die gewese Bolandse en deesdae Franse toetsflank Bernard le Roux, het as slot een van Racing 92 se drie drieë in sy sege van 22-18 oor Leicester (Engeland) gedruk.

In die kragmeting tussen die Engelse klubs Northampton en Saracens het die Bok-stut Vincent Koch ʼn drie vir Saracens gedruk.

Die gewese Westelike Provinsie-slot David Ribbans van Northampton, wat met

Bokke pak All Blacks met 3 veranderinge tydens Rugbykampioenskap-toets teen die All Blacks in Albany

Trevor Nyakane se snywond in sy gesig het genoegsaam herstel dat hy die Springbokke in Saterdag se Rugbykampioenskap-toets teen die All Blacks in Albany sal verteenwoordig.

Onsekerheid het oor sy beskikbaarheid bestaan nadat hy die veld in die toets teen die Wallabies in Perth verlaat het. Hy moes agterna verskeie steke vir sy wond ontvang.

Hy is wel nie in die beseerde Coenie Oosthuizen se plek as vaskopstut in die beginspan gekies nie. Oosthuizen sal ongeveer ses weke weens ’n gebreekte arm uit wees. Hy is reeds huistoe gestuur waar hy ’n spesialis in Durban sal besoek.

“Ruan Dreyer het goed gevaar toe hy Frans Malherbe in Junie vanjaar teen ’n kragtige Franse voorry vervang het,” het Allister Coetzee gesê.

“Ruan sal Saterdag begin. Ons wil met Trevor en Steven Kitshoff as ’n kombinasie op die bank volhard sodat hulle in die tweede helfte impak kan maak.”

Dreyer is een van drie veranderinge aan die beginspan.

Franco Mostert sal wee

Expats in the USA aim to secure our future as ethnic group in South Africa

The wheels are rolling to take the ANC government to task in the USA, through a two-phased action. Through expats in the USA, Front National’s adv Jurg Prinsloo and FN international liaison officer Catryn Bosman will collaborate with an USA law firm and two Republican Congresswomen.

The newest is that our statements and information have found their way through the corridors of power in the USA.

The action is supported by FN to gain:

The international right to self-determination through USA intervention;
and the discriminatory laws, practices and ordinances as concern farm murders, general attacks on “whites”, racial slurs on social media and video clips by “blacks” and politicians such as Zuma, Maimane and Malema. These will hinge on racial incitement, Affirmative Action, Black Economic Empowerment, emigration figures for whites, quotas in sport teams and university applications, land grabs and more than 100 discriminatory laws to be tested in a USA

We’re running out of whites – Half a million white South Africans have left the country

About half a million white South Africans have left the country in the past three decades, and Stats SA estimates that a further 112 740 will emigrate in the next five years.

The white population is also ageing as younger people are mostly the ones who go, leaving their parents behind.

Population growth estimates show that the white population declined by 22 250 people, from 4.52 million in 2016 to 4.49 million in 2017. Over the same period, the total population increased by 900 000 to 56.62 million.

Frans Cronjé of the Institute of Race Relations said the white population structure resembled an hourglass after 1994, when many between the ages of 20 and 40 emigrated. Since then, the bottom and top parts of the hourglass have shrunk, because the white people who remained had fewer children.

Though Stats SA couldn’t say why whites were leaving, emigration agencies believe political instability, crime and uncertainty are reasons cited for leaving. Emma Wald