Suid- Afrikaners wat na buiteland reis, gemaan

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het Dinsdag ʼn veldtog van stapel gestuur wat Suid-Afrikaners wat na die buiteland reis, aanmoedig om hulle deeglik te vergewis van die moets en moenies van die lande waarheen hulle reis.

Dit volg ná die onlangse voorval waarin 51 jong Suid-Afrikaanse onderwysers in China gestrand was. Die departement het gesê 49 van die 51 Suid-Afrikaners wat in Tsjangtsjoen in China gestrand was nadat hul paspoorte weens foutiewe visums deur die polisie afgeneem is, is terug in hul tuisland. Die ander twee Suid-Afrikaners is egter steeds in aanhouding.

Reginah Mhaule, adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, meen die voorval kon voorkom word indien die nodige inligting beskikbaar was. “Ons moedig dus mense aan om hulle behoorlik te verwittig van regulasies in die land wat hulle besoek.”

Chris Chetty, waarnemende hoof van die departement se afdeling vir konsulêre dienste, het ook bekend

Wêreldwyd bring “Afrikaans is Lekker” na Australië en Nieu-Seeland

Wêreldwyd het vanjaar weer hande gevat met South African Events om eg Afrikaanse vermaak na Suid-Afrikaners in Nieeu-Seeland en Australië te bring deur op te tree as hoofborg van die Afrikaans is Lekker 2018-toer.

Afrikaans is Lekker is ’n jaarlikse Suid-Afrikaanse konsert wat in Australië en Nieu-Seeland deur South African Events aangebied word. Soortgelyke musiekgeleenthede word ook in Kanada, die VSA, die VK en Europa aangebied.

Sangers soos Theuns Jordan, Nianell, Refenste en Snotknop het saam getoer na die buiteland.

“Dit is vir ons belangrik dat Suid-Afrikaners in die buiteland informeel kan saamkom en steeds hul Suid-Afrikanerskap kan vier,” meen Sue-Ann de Wet, projekkoördineerder: Suid-Afrikaanse diaspora.

Die optredes het vanjaar in Junie in Auckland, Brisbane, Perth, Wellington, Sydney, en Melbourne plaasgevind.


New visa rules good news for South Africans looking for work in the UK

The UK Home Office has announced that it will henceforth no longer include doctors and nurses in the cap on the Tier 2 Visa cap.

This is according to immigration consultants Breytenbachs, which notes that every month, since December 2017, the monthly quota for the Tier 2 Restricted Certificates of Sponsorship (CoS) was reached.

“Many UK businesses that applied for Restricted Certificates of Sponsorship (CoS) to employ non-EU workers were not able to obtain the CoS they require,” it said.

“When a CoS is not issued, the employing company subsequently has to wait for the next monthly round of allocations of the Restricted Certificates of Sponsorship. Furthermore, it is not only a waiting game, but they have to lodge a new CoS application for consideration each month to be considered,” it said.

“The implication was a growing shortage of staff at the National Health Service (NHS) in the UK, as well as a negative impact on other sectors in the UK econom

Suid-Afrikaanse renjaer Stuart “Stuwie” skitter op beroemde Belgiese baan

Die Suid-Afrikaanse renjaer Stuart “Stuwie” White het die afgelope naweek een van die wedrenne in die Franse Formule Vier in België gewen en het nou sy oog op die algehele titel.

Stuwie (16) se pa, David, vertel dat hulle eers verlede Dinsdag gehoor het dat ’n borgskap beskikbaar is dat hy in België kan gaan deelneem.

Maar hokaai as jy dink Stuwie was grootoog en het net gegaan om die getalle vol te maak.

Hy het in twee van die drie wedrenne die vinnigste rondtetyd aangeteken en toe in die derde met die louere weggestap.

“Circuit de Spa-Francorchamps is een van die mees ikoniese en moeilikste bane in die wêreld. Om daar te wen, is ’n enorme hupstoot vir sy loopbaan,” sê David.

“Circuit de Spa-Francorchamps is een van die mees ikoniese en moeilikste bane in die wêreld. Om daar te wen, is ’n enorme hupstoot vir sy loopbaan.

Die Belgiese F1-Grand Prix vind ook elke jaar op dié baan plaas.

Dit was natuurlik nie die eerste keer wat

Voormalige Cheeta Heelagter Coenie van Wyk wil uitdraf vir Japan in WB

Hy kwalifiseer net voor die 2019 Wêreldbeker-toernooi in Japan om vir dié land te speel en as die afrigtingspan dink hy is goed genoeg, speel hy graag vir sy aangenome land.

Só praat die 30-jarige heelagter Coenie van Wyk, wat die vorige twee seisoene in al die Brave Lupus se ligaverpligtinge in die Japanse Topliga gespeel het. Dié seisoen het hy in 12 uit 15 wedstryde gespeel en net een misgeloop.

Hy is een van ’n rits Suid-Afrikaners wat hul rugby in Japan speel en hy maak geen geheim daarvan nie dat hy graag vir Japan sal wil uitdraf nie.

Die ry Suid-Afrikaners wat vir Japan wil speel, is egter ’n lang een.

Ander spelers wat vanjaar ook kwalifiseer om vir Japan te te speel, sluit in die oud-Cheetahs-slot Lappies Labuschagne (Kubota Spears), die gewese Cheetahs-losvoorspeler Willie Britz (Shining Arcs), die oud-Bul-losvoorspeler en slot Grant Hattingh (Kubotas Spears) en die oud-Bul-heelagter Jurgen Visser (Kamaishi Seawaves).

Suid-Afrikaners v

Nog ’n Suid Afrikaner volg Rory na Engeland

Die Engelse klubrugbyspan Worcester Warriors gaan eersdaags nog ’n Suid-Afrikaner in sy afrigtingspan verwelkom. Johan Pretorius, die Haaie se krag- en kondisioneringsafrigter, is op pad na die Worcester Warriors in Engeland.

Die Haaie se krag- en kondisioneringsafrigter, Johan Pretorius, gaan hom ná afloop van die Superrugby-reeks by dié klub aansluit. Die Cheetahs se kondisioneringsbreier, Quinton Kruger, is glo die gunsteling om Pretorius by die Haaie op te volg.

Rory Duncan, wat die Cheetahs die afgelope seisoen in die Pro14-reeks gebrei het, is vroeër vanjaar as Worcester se nuwe hoofafrigter aangestel. Duncan sal dié span se leisels in die komende Europese seisoen neem.

Die Warriors sal voortaan ’n uiters sterk Suid-Afrikaanse geurtjie hê.

Duncan se kaptein by die Cheetahs, die Springbok-senter Francois Venter, sal hom ook voor die komende seisoen by die Warriors aansluit.

Die voormalige Kings-losvoorspeler Cornell du Preez verlaat op sy

SA veearts, Lesotho-seun onder gaste wat die naweek die Britse koninklike troue bygewoon het

‘n Oudleerling van die St. Andrew-skool in Bloemfontein was een van honderde gaste wat die naweek die Britse koninklike troue bygewoon het.

Chris Kester Vickery (45), wat in 1990 aan dié skool gematrikuleer het, was een van die sowat 600 uitgesoekte gaste wat Saterdag die troue van die hertog en hertogin van Sussex bygewoon het.

Mutsu Potsane (15) van Lesotho is ook na die troue genooi. Hy was ’n vierjarige vigswesie toe hy prins Harry, wat op besoek aan Lesotho was, se hart gesteel het.

Die Britse koerant The Sun berig prins Harry het betaal sodat Potsane die troue kon bywoon. Hy sou boonop een van die eerste gaste wees wat Harry se bruid, Meghan Markle, kon groet.

Vickery se onderneming, Conservation Solutions, wat onder meer in die vang van wild, verskuiwing van wild, en navorsing oor die bestuur van wild spesialiseer, werk gereeld saam met die nieregeringsorganisasie African Parks, waarvan prins Harry die president is.

Vickery en prins Harry is gl

Sterkman Johan Els is as die wêreld se sesde sterkste man aangewys

‘n Sterkman van Christiana in Noordwes, Johan Els (38), is onlangs as die wêreld se sesde sterkste man aangewys.

Els het van 28 April tot 1 Mei aan The World’s Strongest Man-kompetisie in Manila in die Filippyne deelgeneem waar hy die sesde plek behaal het.

Die kompetisie gaan nie net oor brute krag nie; deelnemers se stamina, vaardigheid, taktiek, fiksheid en strategie in verskeie dissiplines word ook op die proef gestel.

Buiten die maande waarin Els hom vir die kompetisie voorberei het, het hy in die kompetisie goed klippe gekou.

Deelnemers moes onder meer ’n swaar voorwerp met ’n tou rondsleep, ronde balle wat tussen 100 en 160 kg weeg op hoë voetstukke plaas, vate wat tussen 15 en 24 kg weeg oor ’n muur gooi, aambeelde van ongeveer 130 kg en ankers en kettings wat 300 kg weeg, rondsleep, ysterbalke wat 160 kg weeg soos tasse ronddra, dik bale omkantel en yskaste wat 415 kg weeg oor ’n afstand van 30 m dra.

Asof dit nie genoeg was nie, moe

SA rugbyspeler vir hoë Engelse toekening benoem

ʼn Speler wat vir Suid-Afrika se naasbestes uitgedraf het, voor hy sy rugbyheil in Engeland gaan soek het, is vir ʼn hoë Engelse toekenning benoem.

Ruan Ackermann (22), die seun van die Springbok Johann Ackermann, is een van vyf spelers op die lys waaruit die toekenning vir die Premierliga se vonds van die jaar gedoen sal word.

Hy speel vir die klub Gloucester, wat deur sy pa afgerig word.

Ackermann jr., wat deur sommige as ʼn toekomstige Engelse toetsspeler beskou word, is glo een van die gunstelinge om die toekenning te wen.

Hy het reeds vier wedstryde vir die Barbarians gespeel – onder meer teen die Springbokke (2016) en die All Blacks (2017) – en het verlede jaar twee wedstryde vir Suid-Afrika A gespeel.


AfriForum se Kriel en Roets na VSA vir bewusmaking oor plaasmoorde en onteiening

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum, en Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof, vertrek vandag na die VSA waar hulle Suid-Afrika se situasie rondom plaasmoorde en die ANC se planne vir onteiening sonder vergoeding sal belig.

AfriForum se verskerpte veldtog om die internasionale gemeenskap se aandag op plaasmoorde en onteiening van eiendom sonder vergoeding te vestig, het die afgelope tyd vinnig spoed opgetel, sê Kriel.

Sedert ’n gesiene Australiese joernalis op besoek aan Suid-Afrika deur AfriForum geneem is om onderhoude eerstehands met plaasaanvalslagoffers te voer, het letterlik tientalle berigte oor plaasmoorde en die ANC-regering se voorgenome miskenning van eiendomsreg in die Australiese en ander hoofstroommedia verskyn. Prominente politici in Australië het kennis geneem en sterk standpunt ingeneem. Optogte teen die moorde en onteiening is onder meer in Perth en Brisbane in Australië gehou. In Maart is daar ook in Br