Suid-Afrikaanse renjaer Stuart “Stuwie” skitter op beroemde Belgiese baan

Die Suid-Afrikaanse renjaer Stuart “Stuwie” White het die afgelope naweek een van die wedrenne in die Franse Formule Vier in België gewen en het nou sy oog op die algehele titel.

Stuwie (16) se pa, David, vertel dat hulle eers verlede Dinsdag gehoor het dat ’n borgskap beskikbaar is dat hy in België kan gaan deelneem.

Maar hokaai as jy dink Stuwie was grootoog en het net gegaan om die getalle vol te maak.

Hy het in twee van die drie wedrenne die vinnigste rondtetyd aangeteken en toe in die derde met die louere weggestap.

“Circuit de Spa-Francorchamps is een van die mees ikoniese en moeilikste bane in die wêreld. Om daar te wen, is ’n enorme hupstoot vir sy loopbaan,” sê David.

“Circuit de Spa-Francorchamps is een van die mees ikoniese en moeilikste bane in die wêreld. Om daar te wen, is ’n enorme hupstoot vir sy loopbaan.

Die Belgiese F1-Grand Prix vind ook elke jaar op dié baan plaas.

Dit was natuurlik nie die eerste keer wat