AfriForum se Kriel en Roets na VSA vir bewusmaking oor plaasmoorde en onteiening

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum, en Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof, vertrek vandag na die VSA waar hulle Suid-Afrika se situasie rondom plaasmoorde en die ANC se planne vir onteiening sonder vergoeding sal belig.

AfriForum se verskerpte veldtog om die internasionale gemeenskap se aandag op plaasmoorde en onteiening van eiendom sonder vergoeding te vestig, het die afgelope tyd vinnig spoed opgetel, sê Kriel.

Sedert ’n gesiene Australiese joernalis op besoek aan Suid-Afrika deur AfriForum geneem is om onderhoude eerstehands met plaasaanvalslagoffers te voer, het letterlik tientalle berigte oor plaasmoorde en die ANC-regering se voorgenome miskenning van eiendomsreg in die Australiese en ander hoofstroommedia verskyn. Prominente politici in Australië het kennis geneem en sterk standpunt ingeneem. Optogte teen die moorde en onteiening is onder meer in Perth en Brisbane in Australië gehou. In Maart is daar ook in Br