Ramaphosa Ontplooi Weermag na KZN en Gauteng om Pro Zuma Proteste, Geweld, Plundering en Politieke Opposisie te Stuit!

Ramaphosa en sy ANC faksie het misluk om die pro Zuma faksie proteste te marginaliseer, en moes die Suid-Afrikaanse weermag se magte in twee provinsies ontplooi, ná wydverspreide pro Zuma geweld en plundering wat onder ander paaie versper het, ‘n winkelsentrum aan die brand gesteek het, met verskeie dood en meer as 200 inhegtenisnemings na die gevangenskap van die leier van Ramaphosa se politieke opposisie, oud President Jacob Zuma.

Pro Zuma Proteste Sprei van KZN na Gauteng! Het Ramaphosa ANC Verdeel Deur sy Politieke Opposisie Tronk toe te Stuur?

Ramaphosa en sy ANC faksie probeer hul bes om die bom te ontlont wat hulle aangesteek het, deur die leier van hul politiek opposisie in die tronk te sit! SAPD het gewaarsku teen aanhitsing van geweld te midde van protes teen die in hegtenis neming van Jacob Zuma, wat al snelweë beïnvloed het en besigheid skade veroorsaak, wat kort voor lank die reeds swak ekonomie kan beïnvloed, en natuurlik word Covid maatreëls heeltemal vergeet. Dit is die Afrika manier om korrupte leiers te vereer en selfs Mugabe was deur sy volgers as “die Leeu van Afrika” aanbid. Net so wil die Zoeloe hul korrupte held red en dink weereens nie aan die gevolge van hul onluste in die sakewêreld nie, of die res van die land wat hulle glo deel.