
Met ons help kan U of U gemeenskap nou ‘n nuusblad skep vir U plaaslike dorp! Ons verskaf die webwerf, hosting en domeinnaam (bv. dorpnaam.nuus.net).
Wêreld Nuus
“Gee dit terug aan Suid-Afrika” – Beyoncé en Tiffany & Co word daarvan beskuldig dat hulle ‘n “gesteelde bloeddiamant” gebruik het in hul advertensieveldtog. Hierdie storie ontbloot nie net die onkunde in die wêreld oor Suid Afrika se geskiedenis nie, maar meer en meer, word groot multinasionale maatskappye wat ryk geword het uit kolonialisme, maar wat aanhoudend Suid Afrikaanse blankes blameer, uitgevang wanneer hulle agter swartes probeer wegkruip om hul sondes te probeer verdoesel, en hul enorme profyte in onskuld te dek.
Na beleggings van meer as 60 Miljoen Pond, was die Verenigde Koninkryk se nuwe GB News TV Kanaal, wat as ‘n mededinger van die linkse nuus- en aktualiteitsaanbiedinge soos BBC en Sky geposisioneer is, Sondag aand op TV en aanlyn bekendgestel met ‘n spesiale openings program wat aangebied was deur voorsitter en veteraan-omroeper, en voormalige BBC anker, Andrew Neil.