
Nederland het ‘n aansienlike tekort aan IKT-professionele en ingenieurs, wat lei tot ‘n toenemende vraag na buitelandse talent
Wêreld Nuus
Panyaza Lesufi, die Hoë Priester van swart supremasisme en Afrikaner hater van formaat, het beweer regstellende aksie – as jy wit is, is jy uit – is hier om te bly “totdat die sondes van jou voorvaders uitgewis is.” Dit sal natuurlik vir ewig wees want die ANC sal maar altyd nuwe sondes bly skep en uitdink. Die anti-wit volksmoordenaar het sommer vir Orania ingesleep en gesê Orania moet waai.
Dit is tragies dat die howe die ware diversiteit van Suid-Afrika, met ‘n dosyn tale, van die ANC regime moet beskerm, maar dit bly egter onverkwiklik dat die regering diversiteit predik maar eentaligheid toepas. Aan die vooraand van Erfenisdag is die uitspraak dus gepas deurdat dit die taalregte van studente erken en ʼn bepaalde verpligting ten opsigte van uitvoering aan Unisa opgelê het. Dit is ewe onverkwiklik dat taal- en kultuurgemeenskappe hulle in die finale instansie na die howe moet wend om hulle regte op te eis aangesien diverse tale met spesifieke verwysing na Afrikaans, grootliks uitgerangeer word, veral by histories Afrikaanse universiteite.
Die Portefeuljekomitee vir Justisie en Korrektiewe Dienste in die SA parlement het openbare kommentaar gevra op die opgedateerde wetsontwerp op die voorkoming van haatspraak en haatmisdaad, wat bedoel is om behoorlike straf op genoemde misdade op te lê. Die nuwe definisie van “haatmisdaad” is wanneer iemand ‘n ander persoon seermaak met opmerkings of beledigende opmerkings. Seermaak word gedefinieer as enige emosionele, sielkundige, fisiese, sosiale of ekonomiese skade. Volgens die nuwe wetsontwerp is dit dus ‘n misdaad om BSEB te bevorder en te adverteer. Dit sal ook ‘n misdaad wees om Kill The Boer Kill The Farmer te sing, of dreig om blankes se grond te neem, want dit veroorsaak beslis groot emosionele skade, trauma en skade.
Lesufi, wat wel bekend is vir sy diktatoriale anti Afrikaanse uitlatings, het sy plan vir etniese volksmoord deur geforseerde rasse integrasie in skole uitgelê, wat mense se grondwetlike reg tot vrye assosiasie ontneem. Dit is duidelik dat tuiskool of CVO skole die enige pad vorentoe is vir blankes. Die omstrede LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het sy bose plan uitgelê Sondag tydens ‘n persverklaring, toe hy ook aangekondig het dat die graad 1 -klas van 2022 in Gauteng oudergewoonte immuniseringskaarte (nie Covid19 inenting nie) moet voorsien om by skole toegelaat te word.
ANC se Sosialistiese Volksmoord plan en Sentralisering van mag stoom voort. Die ANC se Gauteng departement van Onderwys beplan om volgende week ‘n konsep dokument te publiseer, wat dit ten doel stel om Afrikaanse skole finaal die nek om te draai en totaal te vernietig. Dit is ‘n hoogs ideologiese dokument en tipies ANC, is dit niks anders nie as ‘n baie ambisieuse sosialistiese sosiale manipulasie om geforseerde rasse teikens te stel, vir elke enkele tradisionele Afrikaanse skool in die provinsie.