Ramaphosa Voltooi Magsgreep en Neem Beheer van Staatsveiligheid en Verwyder Zuma Faksie Ondersteuners in Nuwe (nogsteeds Korrup) Kabinet!

Na ‘n vinnige “pouse” het Cyril sy nuwe groter kabinet onthul, nog voor meeste van die ANC daarvan geweet het volgens Jessie Duarte. Dieselfde strategie wat hy gebruik het met die Zuma inhegtenisname: laat die situasie vererger en slaan toe wanneer niemand dit verwag. Maar dit het ook baie sogenoemde kenners verbaas. Na ‘n patetiese vertoning, in wetstoepassing en die handhawing van wet en orde om SA burgers veilig te hou, behou Cele sy posisie! Watse houvas het die korrupte minister op’n selfs meer korrupte ANC?