Orania se Digitale Geldeenheid, d’Ora Bekendgestel deur die Orania Sakekamer!

Orania het laas maand op ekonomiese terrein ʼn baie belangrike tree geneem toe die Ora, Orania se eie geldeenheid wat aan die Rand vasgepen is, ‘n digitale weergawe gekry het, wat aan die gemeenskap vrygestel is! Die dOra is ʼn projek wat al vir ʼn hele ruk ontwikkel word, en na verskillende ‘voertuie’ vir hierdie projek oorweeg is, is daar verlede jaar heelwat vordering gemaak en ʼn toepassing is gebou.