Bain’s Cape Mountain Whisky is Donderdagaand in Londen met dieBain’s Cape Mountain Whisk-titel op die World Whiskies-prysaand bekroon. Boonop is die stigter-distilleerder, Andy Watts, as die wêreld se meester-distilleerder vir 2018 aangewys.
Hierdie toekennings, wat jaarliks deur die Verenigde Koningryk se Whisky Magazine aangebied word, trek sterk kompetisie uit onder meer Skotland, Ierland, die VSA en Japan in ʼn poging om as die wêreld se beste whiskyprodusent aangewys te word.
Die uitslae is tydens ʼn glansgeleentheid in die Waldorf Hilton Hotel in Londen bekendgemaak. Watts, ʼn voormalige professionele krieketspeler, het albei toekennings persoonlik ontvang en gesê die oorwinning was oorweldigende nuus vir hul trots Suid-Afrikaanse handelsmerk en vir Suid-Afrika.
“Ons het teen alle verwagting in die persepsie oorkom dat slegs tradisionele whisky-produserende lande ernstig geneem kan word. Ons bedryf in Suid-Afrika is net 40 jaar oud en hoew