
Hy het nie besef dat dit sy droom is nie totdat dit gebeur het. ’n Rolprent gaan aanstaande jaar in Hollywood van ’n draaiboek van die skrywer François Bloemhof gemaak word.
Sy voorstel vir ’n rolprent wat hy ses maande gelede aan ’n Amerikaanse rolprentvervaardiger voorgelê het, is pas aanvaar.
“Dis een van daai dinge wat so onrealisties is dat ek glad nie op daardie skaal gedink het nie. Hier in Suid-Afrika moet jy iemand ken voordat jy ’n voet in die deur kry, of iemand ken wat íemand ken. En ek ken niemand nie! Nog minder in Hollywood. Dit was dit dus nooit ’n opsie nie.”
Bloemhof se draaiboek The Night Visitor, ’n wetenskapfiksieriller handel oor ’n model wie se suster vermoor is. Met haar terugkeer na haar tuisdorp besef sy dat haar suster nie die enigste slagoffer is nie en dat sy dalk ook in gevaar verkeer.
Sy enigste verfilmde vollengte-draaiboek is Double Echo wat onlangs voltooi is. Dit is gegrond op sy spanningsroman Doods