
Afrikaans is ʼn ryk en unieke taal. Suid-Afrika sal intellektueel armer wees as daar nie plek vir die taal in sy akademie en hoër onderwysinstellings is nie.
So het Robert O’Brien, ʼn prominente advokaat van Los Angeles, Kalifornië, in ’n eksklusiewe onderhoud met Forum Nuus gesê.
O’Brien het al verskeie topposisies binne die Bush-administrasie beklee en was voorheen bekendes soos die ruimtevaarder Buzz Aldrin se regsverteenwoordiger.
O’Brien was ook destyds een van die topstudente van die Universiteit van Kalifornië se Los Angeles kampus (UCLA) wat deur ʼn internasionale beursfonds gekies is om in 1986 as uitruilstudent in Suid-Afrika te kom studeer.
Hy praat vandag nog Afrikaans en sy vrou voer maandeliks vir hom kopieë van De Kat en Huisgenoot in om te lees.
O’Brien is ʼn oudstudent van prof. Jacques du Plessis, ʼn voormalige dosent in Afrikaans aan die Universiteit van Wisconsin en UCLA, wat hom beywer vir die navorsing en ontwikkeling