Enorme Mars Teen “Inentings Paspoorte” in Amsterdam Trek 100,000 Protesteerders van Regoor Politieke Spektrum!

Enorme Mars Teen "Inentings Paspoorte" in Amsterdam Trek 100,000 Protesteerders van Regoor Politieke Spektrum!

Mense van regoor die politieke spektrum het Sondag in die strate van Amsterdam gepak om te protesteer teen die voorgestelde entstofpaspoorte van die Nederlandse regering. Die betoging was so groot dat paaie in die middestad vir myle blokkeer was, maar al die hoofstroom media in Nederland het die protes probeer ignoreer of verkleineer. Sommiges het beweer dat dit net 10,000 ver-regse ekstremiste was, maar dié leuen was gou ontbloot deur die teenwoordigheid van jong dansmusiek-aanhangers, Hare Krishnas, godsdienstige organisasies, pensioenarisse, anargiste, fietsryers, voormalige polisiebeamptes en soldate.

SpaceX Wen NASA Maanlanding Kontrak van Miljarde teen al die Groot Name in Ruimte Nywerheid!

Elon Musk, gewese Suid Afrikaner en bekende ruimte tegnoloog en biljoenêr, se SpaceX ruimtevaart maatskappy het ʼn NASA kontrak bekom ter waarde van bykans $3 miljard. Al die groot name in ruimtevaart soos Lockheed Martin, Northrup Grumman, Dynetics, en selfs Jeff Bezos (van Amazon) se Blue Origin het ook gebie, maar SpaceX was die enigste bekostigbare, haalbare, volhoubare en lewensvatbare proposisie. 

Jeff Bezos, nog ‘n biljoenêr, is so ontsteld dat sy nemesis Elon Musk gewen het, dat hy NASA vra om hul keuse te verduidelik. Maar SpaceX is al meer as ‘n jaar al klaar besig met die ontwerp, ontwikkeling, bou en toets van ʼn ruimte vaartuig, genoem Starship, wat op die Maan kan land vir NASA se Projek Artemis, om die eerste vrou op die maan te kry. Die vaartuig word in Texas gebou en is oorspronklik ontwikkel om mens na Mars te neem, en half ‘n dosyn prototipe het al opgestyg tot 12 kilometer, maar hulle sukkel met die landings proses, in die ontwikkelings

NASA Maak Geskiedenis met Eerste Aangedrewe, Beheerde Vlug op ‘n Ander Planeet met hul Ingenuity Mars-helikopter!

NASA het Maandag geskiedenis gemaak met sy Ingenuity Mars-helikopter wat die eerste aangedrewe, beheerde vlug op ‘n ander planeet voltooi het. Die helikopter het 30 sekondes gesweef op sy beplande hoogte van 10 voet en 39 sekondes in die lug deurgebring, meer as drie keer langer as die eerste suksesvolle vlug van die Wright Flyer wat in 1903 soortgelyke geskiedenis in Kitty Hawk, NC, gemaak het. Ter herdenking het die klein 4 -pound copter selfs ‘n bietjie vleuelstof van die Wright Flyer gedra.

Dit is als op video opgeneem deur NASA se Perseverance Rover, wat by ‘Van Zyl Overlook’ geparkeer was, ongeveer 64,3 meter in die Jezero-krater van Mars en het die geskiedkundige vlugaktiwiteite met sy kameras vasgevang.

Hierdie beelde uit die Mastcam-Z-kameras van die Rover wys hoe die helikopter bokant die Rooi Planeet se oppervlak sweef. Tydens hierdie eerste vlug het die helikopter tot ‘n hoogte van 10 voet (3 meter) geklim, ges