Alexa Pienaar ontvang silwermedalje by Wêreld-universiteite se muurbalkampioenskap

Alexa Pienaar van die Universiteit van Johannesburg het haar eindstryd in die Wêreld-universiteite se muurbalkampioenskap vandeesmaand in Birmingham, Engeland, as ’n groot leerervaring in haar loopbaan beskryf.

Alexa Pienaar (links) van die Universiteit van Johannesburg het die silwermedalje op die Wêreld-universiteite muurbalkampioenskap in Birmingham, Engeland, vroeër vanjaar verower. Lily Taylor (middel) van Engeland was die wenner, terwyl twee deelnemers van Maleisië, Aika Azman en Zoe Foo (regs), gesamentlik derde was.

Sy het met die topgekeurde Grace Gear afgereken in haar opmars en toe teen nog ’n Brit, Lily Taylor, in die eindstryd vasgeval.

Die derde gekeurde Taylor het met 11-7, 11-8, 11-6 geseëvier.

Die agtste gekeurde Pienaar (24) sê nadat sy in 2016 in Maleisië in die eerste ronde uitgeval het, was haar hoop gevestig om die keer minstens een van die voorste agt spelers te wees.

Sy was ook baie in haar skik nadat sy in die halfeind

6 SA atlete tree aan vir eindrondes by Diamantliga-atletiekreeks in Zürich

Dis tyd vir die eerste eindronde van die Diamantliga-atletiekreeks en nie minder nie as ses Suid-Afrikaners sal op 30 Augustus in Zürich plekke op die podium in die visier hê.

Caster Semenya en Luvo Manyonga sal boonop daarop uit wees om die titels wat hulle in 2017 verower het, te verdedig.

Semenya is die verdedigende kampioen in die 800 m en sal loshande die gunsteling wees om ’n derde agtereenvolgende titel in die reeks in haar gunstelingnommer in te palm.

Sy het nie een keer in 2017 en in 2018 die knie in die 800 m gebuig nie.

In die eindronde sal Francine Niyonsaba van Burundi haar grootste teenstander wees, maar Semenya, wat vanjaar reeds ’n blitstyd van 1 minuut 54.25 sekondes aangeteken het, sal nie sommer van haar titel afstand doen nie.

Sy kan moontlik ook in die 1 500 m in die tweede eindronde, wat ’n dag later in Brussel plaasvind, aantree.

’n Aansienlik strawwer taak wag egter op Manyonga.

Hy sal teen die tienersensasie Juan

Four things South Africans might find strange about the US

If you’re planning a visit or maybe even a big move to the United States there are a few things that we Saffas might find a bit odd about life in the states. Together with the emigration experts over at Grant Kaplan, we’ve put together our list of things that would leave most South Africans with a furrowed brow.

The prices you see aren’t the real prices
If you love doing complex addition and multiplication while trying to find the cheapest toilet paper at the supermarket, then the US is the place for you! Most displayed prices don’t include tax; that’s added when you get to the till to pay. If you’re on a budget, take a calculator or go equipped with Mensa-level maths skills.

Get a doctor from a park bench
Advertising for prescription medication, especially on television, is a big deal in America. Do doctors hand over prescriptions for anything the patient asks for? Should the general public be deciding which medications they take or should that be

Suid-Afrikaanse film,Treurgrond wat handel oor die wreedheid van plaasmoorde wen internasionale toekenning

Die film Treurgrond het sy eerste nasionale toekennings verower. Dit het plaasgevind by die internasionale filmfees in Amsterdam in Nederland waar dié film bekroon is as die beste buitelandse film, en waar die film ook die toekenning gekry het as film met die beste kinematografie.

Die film handel oor die realiteit en wreedheid van plaasmoorde, terwyl die kwessie van grondeise ook ‘n prominente rol in die film speel. Steve Hofmeyr speel die hoofrol daarin.


Netbal speelster Karla Pretorius lewer puik vertoning op Brisbane baan

Suid-Afrikaners het altyd geweet Karla Pretorius is ’n puik speler. Maar haar ware netbal-potensiaal het eers ontluik toe sy verlede jaar by die Sunshine Coast Lightning in Queensland, Australië, begin speel het.

Die Vrystater was verlede jaar die Speler van die Wedstryd toe die Lightning die Australiese Superligatitel gewen het.

Vanjaar is sy selfs ’n beter speler. Dié hulpdoel-verdediger is tot dusver in die reeks die speler wat die meeste onderskeppings gemaak het – altesame 40.

Lightning is nog op koers om sy titel met welslae te verdedig. Dié span, wat vierde geëindig het, speel Sondag ’n tweede uitspeelstryd teen die Giants van Sydney.

Hy het verlede Sondag in Brisbane sy eerste uitspeelstryd teen die Queensland Firebirds met 57-56 gewen.

Die Giants het boaan die punteleer geëindig, maar verlede naweek met 57-63 teen die West Coast Fever verloor.

As die wenner van dié uitspeelstryd kwalifiseer Fever regstreeks vir die eindstryd.

Afrikaneremigrasie is ‘n werklikheid – Blankes vlug landuit

Of u nou daarvan hou of nie, emigrasie is ‘n werklikheid. Ek gaan nie kant kies nie, want dan gaan my teenstanders my stenig.

Die jongste opnames toon dat daar waarskynlik vanjaar nog in 2018 ‘n emigrasierekord opgestel gaan word.

Amptelike inligting toon dat landgenote wat vanjaar nog na die Verenigde Koninkryk wil emigreer, met 22% gestyg het.

Daar is alreeds sowat 200 000 Suid-Afrikaners in die VK, waarvan die meerderheid in Londen woon.

In Australië woon 190 000 Suid-Afrikaners, waarvan die meerderheid in Perth gesetel is. Daar is ook ‘n redelike groot aantal in Brisbane.

Daar word beweer dat Afrikaans Australië se tweede grootste taal is, en dat daar alreeds Afrikaanse skole en kerke gestig is.

Ander lande met groot getalle van ons mense, is: Nieu-Seeland, Kanada en die VSA.

Die redes vir emigrasie is velerlei. Mens sal ook seker nooit weet wat die werklike redes vir almal is nie, omdat baie mense bang vir intimidasie is.

Veiligheid

SA atlete se nagmerrie in Nigerië word ál erger

’n Deurmekaarspul en logistieke chaos. Dít is hoe die aanloop tot en die reëlings vir die Afrika-atletiekkampioenskap, wat Woensdag in Asaba, Nigerië, begin het, beskryf kan word.

Nadat Suid-Afrika se span van 78 atlete dae lank in Lagos gestrand was weens ’n gebrek aan aansluitingsvlugte na hul eindbestemming, het hul nagmerrie met hul aankoms in Asaba net vererger.

Die atlete is onder polisiebegeleiding na hul hotel vervoer, net om te hoor dat hulle na die verkeerde hotel geneem is.

Van die atlete se tasse het boonop weggeraak tussen Lagos en Asaba, terwyl die program vir die byeenkoms Woensdag ook skielik aangepas is. Van die items wat die oggend sou plaasvind, is op die nippertjie geherskeduleer, wat tot verdere onsekerheid aanleiding gegee het.

Ons is drie wat ’n bed deel, ons het nie ’n stort nie, die kamer se watertoevoer is afgesny en ons kamerdeur kan ook nie sluit nie.

Dis egter nie net die Nigeriese reëlingskomitee wat kleitrap nie

Golf: Drietal laat SA vlag hoog wapper

In drie kort weke het die hele landskap van Suid-Afrikaanse gholf skynbaar verander.

Die krag – so lyk dit nou – is gesetel in die jong mans wat die wit balletjie jaag: mans in hul twintigerjare wat hul eerste treë op die groot verhoë gee, amateurs wat nog voorberei vir geldgholf en tieners wat nou maar eers begin.

Kyk maar na die goeie nuus wat SA gholf die laaste drie weke gesien het. Wilco Nienaber het koning gekraai in die houespel-afdeling van die Britse Amateurkampioenskap. Jovan Rebula was die algehele wenner van daardie toernooi, een van amateurgholf se majors.

Die afgelope Sondag het die 25-jarige Brandon Stone so byna die eerste 59 in die geskiedenis van die Europese reeks aangeteken om as Skotse Ope-kampioen gekroon te word.

Woensdag het ’n 16-jarige Mosselbaaier, Martin Vorster, die eerste Suid-Afrikaner geword om die Junior Britse Ope te wen. En enkele ure later, in die ‘ware’ Britse Ope, het Stone en twee ander mans wat nog van gho

Waterponie-rekord wink dié week vir Suid-Afrikaner

’n Suid-Afrikaner wat probeer om die wêreldrekord te verbeter vir die langste alleenvaart op ’n waterponie, sê hy wou die rekord van 3 047 km op Mandeladag ewenaar, maar weens onstuimige omstandighede sal hy dit moontlik eers later in die week regkry.

Marinus du Plessis (55) van Pretoria, probeer bykans 11 000 km in 40 dae kafdraf. Hy het in Noorweë, naby Noordpoolsirkel, weggespring en die eindpunt is Athene in Griekeland.

“Dit is rof, mense dink seker ek ry met ’n toebroodjie in die een hand en tee in die ander, terwyl ek eintlik party dae om 05:00 begin en eers om 21:30 by die volgende hawe aankom. Dan moet ek eers die waterponie regkry vir die volgende dag voordat ek kos soek. Ek bly ook selde in ’n hotel en slaap eerder op die hawehoof langs die ponie. En dan is dit ook maar net vir enkele ure voordat ek weer begin ry,” sê Du Plessis in Skagen, Denemarke.

Hy sê al kan die waterponie vinniger ry, kan hy nie juis vinniger as 60 km/h ry nie,

Tennis speler Kevin Anderson deur na Wimbledon-kwarteindronde

Kevin Anderson is vir die eerste keer in sy loopbaan in die Wimbledon-kwarteindronde. Nie omdat hy Maandag sterker of vinniger of meer kreatief as sy teenstander, Gael Monfils, was nie. Omdat hy sielkundig beter was.

Anderson het Maandag die eerste Suid-Afrikaner in 24 jaar geword wat die laaste agt van die grasbaan-Slam kon haal, nadat hy Monfils in 3 uur en 29 minute met 7-6 (7/4), 7-6 (7/2), 5-7, 7-6 (7/4) geklop het.

In ’n uitstekende wedstryd waarin albei spelers geweier het om bes te gee, het enkele duime die deurslag gegee.

Op die baan was dit die duime waarmee balle in die baan gebly het, en sielkundig gesproke was dit die duime tussen Anderson se ore.

Op 32 het die Suid-Afrikaner geleer hoe om in die oomblik te bly, hoe om van die teleurstelling van verspeelde deurbraak-kanse te vergeet en hoe om te herstel wanneer hy op die agtervoet is.

Dit het hom veral gehelp in die vierde stel, toe hy sewe kanse gehad het om deur te breek op Monfils se af