Sakeman van Suid-Afrika glo in Dubai in arres oor Gupta-video

Justin van Pletzen, die sakeman wat verlede week ’n video van Ajay Gupta in Dubai geneem het, is glo in Dubai in hegtenis geneem.

Volgens News24 hou dit glo verband daarmee dat hy sonder die nodige toestemming ’n video-opname gemaak het. Kyk die video hier.

https://www.youtube.com/watch?v=Z8wTDW17Agc

Ndivhuwo Mabaya, woordvoerder van die departement van internasionale verhoudinge en samewerking, sê die afdelding vir konsulêre dienste het bevestig dat die Suid-Afrikaanse sakeman se ma kontak gemaak en aangevoer het dat haar seun in hegtenis geneem is.
“Die Suid-Afrikaanse ambassade in Dubai is nie van die inhegtenisneming bewus nie en is versoek om dit met die plaaslike owerhede te bevestig. Ons wag vir ’n verslag van die ambassade.”

’n Vriend van Van Pletzen het aan News24 bevestig dat die familie op die besonderhede van sy hofverskyning wag.

In die video vra Van Pletzen aan Gupta wanneer hy na Suid-Afrika sal terugkeer.

“Die