Jong, wit Suid-Afrikaners voel nie meer welkom in SA

Suid-Afrika is ’n ontwikkelende land en een van meer as 23 lande wat deur die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) as ’n ontluikende mark geklassifiseer word.

Boonop probeer ons land ná dekades van apartheidsregering ook nog transformeer om die land te wees wat oudpres. Nelson Mandela in die vooruitsig gestel het.

Daar was ’n tydperk van onsekerheid onder alle rasse met uiteenlopende vooruitsigte oor waarheen die land op pad is. Die ANC-regering onder Mandela het die idee van ’n reënboognasie gehuldig. ’n Suid-Afrika wat aan almal behoort wat hier woon, het hulle gesê.
Die idee van die reënboognasie

Heelwat wit Suid-Afrikaners was heeltemal geneë met die idee van ’n reënboognasie, sommige uit noodsaak omdat hulle wortels hier is. Hulle het werk hier gehad, hul huise was hier, sommige het huise of grond van hul voorvaders geërf en hul kinders het hier skoolgegaan. Om na ’n ander land te verhuis, was net nie ’n opsie nie.

[Die jonger g

Afrikaneremigrasie is ‘n werklikheid – Blankes vlug landuit

Of u nou daarvan hou of nie, emigrasie is ‘n werklikheid. Ek gaan nie kant kies nie, want dan gaan my teenstanders my stenig.

Die jongste opnames toon dat daar waarskynlik vanjaar nog in 2018 ‘n emigrasierekord opgestel gaan word.

Amptelike inligting toon dat landgenote wat vanjaar nog na die Verenigde Koninkryk wil emigreer, met 22% gestyg het.

Daar is alreeds sowat 200 000 Suid-Afrikaners in die VK, waarvan die meerderheid in Londen woon.

In Australië woon 190 000 Suid-Afrikaners, waarvan die meerderheid in Perth gesetel is. Daar is ook ‘n redelike groot aantal in Brisbane.

Daar word beweer dat Afrikaans Australië se tweede grootste taal is, en dat daar alreeds Afrikaanse skole en kerke gestig is.

Ander lande met groot getalle van ons mense, is: Nieu-Seeland, Kanada en die VSA.

Die redes vir emigrasie is velerlei. Mens sal ook seker nooit weet wat die werklike redes vir almal is nie, omdat baie mense bang vir intimidasie is.

Veiligheid