6 SA atlete tree aan vir eindrondes by Diamantliga-atletiekreeks in Zürich

Dis tyd vir die eerste eindronde van die Diamantliga-atletiekreeks en nie minder nie as ses Suid-Afrikaners sal op 30 Augustus in Zürich plekke op die podium in die visier hê.

Caster Semenya en Luvo Manyonga sal boonop daarop uit wees om die titels wat hulle in 2017 verower het, te verdedig.

Semenya is die verdedigende kampioen in die 800 m en sal loshande die gunsteling wees om ’n derde agtereenvolgende titel in die reeks in haar gunstelingnommer in te palm.

Sy het nie een keer in 2017 en in 2018 die knie in die 800 m gebuig nie.

In die eindronde sal Francine Niyonsaba van Burundi haar grootste teenstander wees, maar Semenya, wat vanjaar reeds ’n blitstyd van 1 minuut 54.25 sekondes aangeteken het, sal nie sommer van haar titel afstand doen nie.

Sy kan moontlik ook in die 1 500 m in die tweede eindronde, wat ’n dag later in Brussel plaasvind, aantree.

’n Aansienlik strawwer taak wag egter op Manyonga.

Hy sal teen die tienersensasie Juan