Die Australiese Eerste Minister, Malcolm Turnbull, het hom aangesluit by Julie Bishopp, sy minister van Buitelandse Sake, en aangekondig dat die Australiese regering Peter Dutton se standpunt oor versnelde visums aan wit Suid-Afrikaanse boere terugtrek.
Turnbull sê dit is teenstrydig met sy regering se immigrasiebeleid.
Die aankondiging is hartlik verwelkom deur Lindiwe Sisulu, Suid-Afrika se buitelandse sake minister, wat sê dat wit boere in die land beslis nie verdruk word nie!