Wêreldgeluks-verslag – Suid-Afrikaners is nie ’n besonder gelukkige spulletjie nie

Suid-Afrikaners is nie ’n besonder gelukkige spulletjie nie. Selfs in kommunistiese lande en van dié waar mense onderdruk word en deur terrorisme of burgerlike onrus geteister word, sal jy gelukkiger mense aantref.

Dit blyk uit die nuutste World Happiness-verslag wat Woensdag uitgereik is. Boonop het Suid-Afrika, vergeleke met verlede jaar, vier plekke teruggesak tot nommer 105 op die ranglys van 156 lande.

Die ranglys word deur die Verenigde Nasies (VN) se Sustainable Development Solutions Network saamgestel uit data van Gallup van 2015 tot 2017 waarin ses sleutelveranderlikes van algemene welstand gemeet word: inkomste, vryheid om keuses te maak, vertroue (in die regering en die sakegemeenskap), ’n gesonde lewensverwagting, maatskaplike ondersteuning (ondersteuning van ander) en vrygewigheid (gemeet in skenkings).

Die verslag is enkele dae voor World Happiness Day op 20 Maart uitgereik, en Finland gaan dit veral met oorgawe kan vier as die land met die