Oekraïne en VSA Praat nou Openlik oor Krimea Terugneem, wat net tot Oorlog met Rusland kan lei!

Spanning neem dag vir dag toe namate Oekraïne en die Verenigde State van Amerika (VSA) openlik hul wens om die Krimea terug na Oekraïne in te sluit uitspreek. Dit het vir die algemene publiek duidelik geword na die onlangse ondertekening van ‘n besluit deur die Oekraïense president Volodymyr Zelensky, wat verwys na “besette gebiede”, waaronder die Krimea, wat deel van die Oekraïne sou wees. Die Oekraïeniese regering ontvang steun van die VSA in hierdie poging, die Amerikaanse president Joe Biden het reeds gesê dat hy glo “die Krimea is Oekraïens“.

Hierdie presidensiële besluit, genommer 117/2021, beteken dat dit nou die amptelike beleid van Oekraïne is om die Krimea van Rusland terug te eis. Die volgende sin kan in die teks oor hierdie aangeleentheid gelees word;

Oor die strategie van bevryding en herintegrasie van die tydelik besette gebied van die Outonome Republiek van die Krimea en die stad Sewastopol.

Met die kennis van hierdi