Sterkman Johan Els is as die wêreld se sesde sterkste man aangewys

‘n Sterkman van Christiana in Noordwes, Johan Els (38), is onlangs as die wêreld se sesde sterkste man aangewys.

Els het van 28 April tot 1 Mei aan The World’s Strongest Man-kompetisie in Manila in die Filippyne deelgeneem waar hy die sesde plek behaal het.

Die kompetisie gaan nie net oor brute krag nie; deelnemers se stamina, vaardigheid, taktiek, fiksheid en strategie in verskeie dissiplines word ook op die proef gestel.

Buiten die maande waarin Els hom vir die kompetisie voorberei het, het hy in die kompetisie goed klippe gekou.

Deelnemers moes onder meer ’n swaar voorwerp met ’n tou rondsleep, ronde balle wat tussen 100 en 160 kg weeg op hoë voetstukke plaas, vate wat tussen 15 en 24 kg weeg oor ’n muur gooi, aambeelde van ongeveer 130 kg en ankers en kettings wat 300 kg weeg, rondsleep, ysterbalke wat 160 kg weeg soos tasse ronddra, dik bale omkantel en yskaste wat 415 kg weeg oor ’n afstand van 30 m dra.

Asof dit nie genoeg was nie, moe