
Kevin Anderson is vir die eerste keer in sy loopbaan in die Wimbledon-kwarteindronde. Nie omdat hy Maandag sterker of vinniger of meer kreatief as sy teenstander, Gael Monfils, was nie. Omdat hy sielkundig beter was.
Anderson het Maandag die eerste Suid-Afrikaner in 24 jaar geword wat die laaste agt van die grasbaan-Slam kon haal, nadat hy Monfils in 3 uur en 29 minute met 7-6 (7/4), 7-6 (7/2), 5-7, 7-6 (7/4) geklop het.
In ’n uitstekende wedstryd waarin albei spelers geweier het om bes te gee, het enkele duime die deurslag gegee.
Op die baan was dit die duime waarmee balle in die baan gebly het, en sielkundig gesproke was dit die duime tussen Anderson se ore.
Op 32 het die Suid-Afrikaner geleer hoe om in die oomblik te bly, hoe om van die teleurstelling van verspeelde deurbraak-kanse te vergeet en hoe om te herstel wanneer hy op die agtervoet is.
Dit het hom veral gehelp in die vierde stel, toe hy sewe kanse gehad het om deur te breek op Monfils se af