
Die Engelse klubrugbyspan Worcester Warriors gaan eersdaags nog ’n Suid-Afrikaner in sy afrigtingspan verwelkom. Johan Pretorius, die Haaie se krag- en kondisioneringsafrigter, is op pad na die Worcester Warriors in Engeland.
Die Haaie se krag- en kondisioneringsafrigter, Johan Pretorius, gaan hom ná afloop van die Superrugby-reeks by dié klub aansluit. Die Cheetahs se kondisioneringsbreier, Quinton Kruger, is glo die gunsteling om Pretorius by die Haaie op te volg.
Rory Duncan, wat die Cheetahs die afgelope seisoen in die Pro14-reeks gebrei het, is vroeër vanjaar as Worcester se nuwe hoofafrigter aangestel. Duncan sal dié span se leisels in die komende Europese seisoen neem.
Die Warriors sal voortaan ’n uiters sterk Suid-Afrikaanse geurtjie hê.
Duncan se kaptein by die Cheetahs, die Springbok-senter Francois Venter, sal hom ook voor die komende seisoen by die Warriors aansluit.
Die voormalige Kings-losvoorspeler Cornell du Preez verlaat op sy