Hollywood is nou irrelevant: Sky News-gasheer Alan Jones het gesê dat hy nie verbaas is dat niemand belangstel, of ‘n lesing van die elite wil hoor nie, nadat die Oscars in 2021 tot ‘n rekord lae kykerstal gedaal het.
“Wie wil sit en kyk na ‘n groep narsiste, wat ‘n oorbodige gevoel van self belang het, wat in paleise in Los Angeles woon en ure lank op TV aan ons wil preek?’’
Moenie dat die hoofstroommedia voorgee dat die Oscars of Hollywood nog iets beteken nie. Die ou rooi tapyt Hollywood “aand van aande“, soos die Oscars vroeër bekend gestaan het, is nou irrelevant en het verkrummel tot ‘n rekord lae kykers getal van slegs 9,85 miljoen in ‘n land van 328 miljoen, slegs 3% van die bevolking, wat met 58% laer is as verlede jaar se rekord laagtepunt van 23,6 miljoen kykers, wat ook met 6 miljoen laer as 2019 was.
Luister Hier:
Op dieselfde dag dat die Polisieman in die VSA, Derek Chauvin, wat George Floyd arrester het, skuldig gevind is in ‘n skreeuende eensydige pers en hof, het Suid Afrika sy eie weergawe van swart bevoorregting in Piet Retief! As enigiemand nog geglo het die SA Polisie het nie ‘n “frame job” op die groep gearresteerde boere van Dirkiesdorp gedoen nie, is sulke witskuld gedrewe gedagtes behoorlik in die hof tot niet gemaak Dinsdag. Die ondersoekbeampte in die saak, ‘n swart adjudant offisier, het erken dat hy slegs een weergawe van die saak het – en dit is die weergawe wat die groep geweldadige swart toyi toyers, wat die plaas Pampoenkraal op 9 April 2021 onwettig betree het, om die eienaar Werner Potgieter te konfronteer, aan hom gegee het. Hy het nie die weergawe van enige boer op 9 April verkry nie en ook nie daarna nie. Hoe is dit enigsins aanvaarbaar? Hoe kan vyf mans met vaste adresse wat nie ‘n gevaar vir enigeen in die samelewing inhou nie, so lVIDEO: #Dirkiesdorp is SA se Mini #GeorgeFloyd: SAPD Ondersoekbeampte Erken in Hof dat Slegs Getuienis van Swart Betogers in ag Geneem Word.