
’n Deurmekaarspul en logistieke chaos. Dít is hoe die aanloop tot en die reëlings vir die Afrika-atletiekkampioenskap, wat Woensdag in Asaba, Nigerië, begin het, beskryf kan word.
Nadat Suid-Afrika se span van 78 atlete dae lank in Lagos gestrand was weens ’n gebrek aan aansluitingsvlugte na hul eindbestemming, het hul nagmerrie met hul aankoms in Asaba net vererger.
Die atlete is onder polisiebegeleiding na hul hotel vervoer, net om te hoor dat hulle na die verkeerde hotel geneem is.
Van die atlete se tasse het boonop weggeraak tussen Lagos en Asaba, terwyl die program vir die byeenkoms Woensdag ook skielik aangepas is. Van die items wat die oggend sou plaasvind, is op die nippertjie geherskeduleer, wat tot verdere onsekerheid aanleiding gegee het.
Ons is drie wat ’n bed deel, ons het nie ’n stort nie, die kamer se watertoevoer is afgesny en ons kamerdeur kan ook nie sluit nie.
Dis egter nie net die Nigeriese reëlingskomitee wat kleitrap nie