ANC Versteek Hul Misdade Weg Agter Apartheid, Wat NIE ‘n Misdaad Teen Die Mensdom Was Nie, Soos Die Kommunistiese Sowjet Unie Propaganda by die VN Beweer Het!

Slim Vang Toe Sy Baas. Na ‘n vernederende ervaring tydens die SONA Staatsrede, waar verraaier F.W. De Klerk, Nobelpryswenner, en sy tweede vrou Elita, lelik uitgejou is deur sy eie geliefkoosde swartes, het hy onverwags dié keer terug geslaan en Apartheid verdedig, glo dit of nie. Dalk werk openbare vernedering wel op so mens, wat Volk en Vaderland uitverkoop het vir ‘n pot lensiesop, en die valse morele hoër grond?

Weereens het SA se swart meerderheid dit reggekry om die kollig van hulself en hul misdade en stroping van SA weg te skyf, en om die arme dooie Apartheids perd weer te looi! Gedurende die SONA Staatsrede het die EFF-leier, Julius Malema, onder andere gesê die voormalige president De Klerk se hande drup ‘met bloed’. Die EFF het beweer – nog voordat Cyril Ramaphosa met sy toespraak kon begin – dat die hande van De Klerk “met bloed drup”, insluitend die bloed van diegene wat in 1992 in die Boipatong-stad geslag is.

Die EFF party het ook beweer dat De Klerk,