Sosialiste Verstedeliking Deur Afskeping van Plattelandse Dorpe Soos Wolmaransstad & Leeudoringstad Wat Geen Munisipale Dienste Het!

In ‘n sosialisties bestel, word plattelandse dorpe nie benodig nie omdat die regime alle plase besit of beheer. Die kommuniste verkies dat alle mense in Stede woon waar dit makliker is om hulle te kontroleer. So dit is seker geen verbasing dat infrastruktuur in plattelandse dorpe nou al vir jare uitmekaarval. Aan die orde van die dag is stinkende strate met rioolwater wat uit stukkende pype stroom tussen hope en hope vullis deur. Don van Zyl, n raadslid van die Maquassi Hills munisipale gebied in Noordwes wat plekke soos Wolmaransstad en Leeudoringstad insluit, sê dat absoluut geen munisipale dienste nou al vir 2 maande gelewer word nie.

Willie Grundling, ‘n sakeman van Wolmaransstad, het ook aan Netwerk24 vertel hy verwyder al self sy onderneming se vullissakke vir 13 jaar en neem  self sy eie huis, sowel as sy bure se vullis na die vullishoop. Die plaaslike vullishoop is nie eers omhein nie. Rioolvuil loop uit lekkende pype voor Grundling se ond