Op dieselfde dag dat die Polisieman in die VSA, Derek Chauvin, wat George Floyd arrester het, skuldig gevind is in ‘n skreeuende eensydige pers en hof, het Suid Afrika sy eie weergawe van swart bevoorregting in Piet Retief! As enigiemand nog geglo het die SA Polisie het nie ‘n “frame job” op die groep gearresteerde boere van Dirkiesdorp gedoen nie, is sulke witskuld gedrewe gedagtes behoorlik in die hof tot niet gemaak Dinsdag.
Die ondersoekbeampte in die saak, ‘n swart adjudant offisier, het erken dat hy slegs een weergawe van die saak het – en dit is die weergawe wat die groep geweldadige swart toyi toyers, wat die plaas Pampoenkraal op 9 April 2021 onwettig betree het, om die eienaar Werner Potgieter te konfronteer, aan hom gegee het. Hy het nie die weergawe van enige boer op 9 April verkry nie en ook nie daarna nie.
Hoe is dit enigsins aanvaarbaar? Hoe kan vyf mans met vaste adresse wat nie ‘n gevaar vir enigeen in die samelewing inhou nie, so l