Duisende Duiwe Verdwyn Tydens Wedloop in Brittanje! Verswakte Magnetieseveldsterkte en Sonstrale Word Blameer!

Voëlhanteerders is verpletter nadat meer as 5,000 duiwe tydens ‘n wedloop oor die Verenigde Koninkryk verdwyn het. Dit is ‘n feit dat die aarde se magnetiese veld verswak, en hierdie tipe gebeurtenis gaan meer gereeld gebeur. Ander verskynsels van hierdie is waar walvisse en dolfyne op de strande beland ens. Die diere gebruik die aarde se magnetiese veld as hul kompas, en hoe meer die pole skuif en die magnetieseveldsterkte verswak, hoe meer word hulle verwar.