
In drie kort weke het die hele landskap van Suid-Afrikaanse gholf skynbaar verander.
Die krag – so lyk dit nou – is gesetel in die jong mans wat die wit balletjie jaag: mans in hul twintigerjare wat hul eerste treë op die groot verhoë gee, amateurs wat nog voorberei vir geldgholf en tieners wat nou maar eers begin.
Kyk maar na die goeie nuus wat SA gholf die laaste drie weke gesien het. Wilco Nienaber het koning gekraai in die houespel-afdeling van die Britse Amateurkampioenskap. Jovan Rebula was die algehele wenner van daardie toernooi, een van amateurgholf se majors.
Die afgelope Sondag het die 25-jarige Brandon Stone so byna die eerste 59 in die geskiedenis van die Europese reeks aangeteken om as Skotse Ope-kampioen gekroon te word.
Woensdag het ’n 16-jarige Mosselbaaier, Martin Vorster, die eerste Suid-Afrikaner geword om die Junior Britse Ope te wen. En enkele ure later, in die ‘ware’ Britse Ope, het Stone en twee ander mans wat nog van gho